deur Basie Wessels
Heer hoor ons Boerevolk se hulp geroep
Ons Boere slaan ons oë op na die hemele en
roep uit waar sal ons hulp vandaan kom
Ons Boere word wreed vermoor en ons vroue
word weldadig verkrag sonder ontferming
Ons word beproef tot die uiterste deur smarte
van al die plaasmoorde en verkragtings
Hoevêr, en hoe lank moet ons Boerevolk dit
nog verdra en dit aanskou in pyn
Ons Boerevolk se versugtinge ken geen perke
en roep om hulp sodat dit mag stop
Ons hulpkreet van ons Boerevolk val net op
dowe ore in hierdie donker goddelose land
Ons voel soos verworpene Boere in ons eie
mooi land waarvan ons beroof is
Ons hef ons oë op na die hemel daarbo en
slaan op ons borste en roep!
“Hoe lank nog Heer hoe lank nog” wees ons
Boerevolk genadig "O Heer"
Alleenlik kan U ons help en ons verlos van
ons ware versugtinge en smart.
