Media

SUID-AFRIKAANSE MELKKOEI BESIG OM OP TE DROOG!

Of ‘n mens dit nou ‘n melkkoei noem, of die gans met die goue eier, of die weduwee se kruik, feit is, die bron is besig om op te droog.  Dat dit onafwendbaar was behoef werklik nie wafferse intelligensie nie, want dié het in elk geval ontbreek by die de Klerkregering wat die “melkportaal” help bou het sonder om die gevolge te bereken!

Die voorbeelde wat gestel word deur Afrika se oudstes en hoofindoenas, word steeds hoog geag en as riglyne gebruik deur die jongeres, ongeag of die gevolge katastrofies is.  So val die penkoppe agter Mugabe se verhoogde winstevereiste van die myne se opbrengs in en dryf die beleggers uit Suid Afrika uit. Buitelandse beleggers verkoop hulle Suid Afrikaanse aandele teen n skrikwekkende tempo en het vir vanjaar reeds R8.33 miljard se aandele verkoop, die hoogste sedert 2008!  Investec Batebestuur het bevind dat Beleggers afgeskrik word deur Suid Afrika se swakker ekonomiese groeikoers wat tot gevolg het dat hulle hulle beleggings ontrek en  elders gaan belê.

Namate die beskikbare fondse al minder word, beplan die ANC  om dit aan te vul deur verhoogde brandstofpryse, tolgelde en hoër belastings op myninkomste.  Hardnekkige standpunte oor nasionalisering en “grondhervorming” dra ook nie by tot die vestiging van vertroue in Suid Afrika se ekonomie nie.  Selfs die eienaarskap van die myne gaan op die ANC  se ekonomiese beleidskomitee bespreek word.

Terwyl Suid Afrika dood gebloei word deur die befaamde Swart Meerderheidsregime met die “mees moderne grondwet ter wereld”, sit die Imperiale magte hulle tande en slyp vir wat hulle gaan baat deur  die bemiddeling van  de Klerk se verraaierregering.  In die afgelope vyf jaar het nagenoeg 440,000 kleinsake-ondernemings hulle deure moes sluit.  ‘n Tempo van 240 per dag, volgens die arbeidsmakelaar Adcorp.  As in aanmerking geneem word dat meer as die helfte van alle werkers in Suid Afrika deur kleinsake in diens geneem word, lyk die werkskeppings-vooruitsigte waarvan die ANC in sy begroting gewag gemaak het, na praatjies vir die vaak!

Volgens Adcorp het 250,000 mense in 2001 hulle eie ondernemings wou begin.  Dit het teen 2011 met 78% gedaal na 58,000! Met die buitensporige salarisse wat swartes in die staatsdiens vir hulleself beding, saamgetel met dit wat gesteel en wanbestee word, is die kanse op ‘n gesonde ekonomie ‘n ronde nul!

As die fontein leeggedrink is, sal die eskalerende geweld onder die yweraars vir die mees lonende betrekkings drasties toeneem tot by die punt van anargie, wat ons weet onafwendbaar is.  Die Internasionale knoeiers gaan hulle hande vol hê om die skyn van ‘n model regime van nasionale eenheid voor te hou.  Hierdie is die begin van die werklikheid wat besig is om die praksasie van “nie-rassigheid” en potpourie landsregering in te haal en uit te wys vir wat dit in werklikheid is.  ‘n Masale tragiese gemors!

Redaksie.