Sy werklike invloed op die massas na sy skorsing uit die Jeugliga en uit die ANC, sal nou tot die uiterste beproef word. Sy aanhang moet nie onderskat word nie. Malema het deurentyd gepoog om die bepalings van die Freedom Charter teen die ANC leierskap af te speel. Dit het hom in ‘n gunstige posisie onder die werklose en lae inkomste groepe geplaas.
Hy sal waarskynlik eers poog om ‘n wig tussen die ANC leierskap en hulle volgelinge op daardie gronde in te dryf sodat die infrastruktuur nie vir hom verlore moet gaan nie.
Die feit dat dit ‘n blanke is wat gebruik is om die uitspraak te maak, sal in alle waarskynlikheid ook deur hom aangewend word om alle blankes te verdoem en opnuut die rassehaat aan te blaas.
As Malema egter nie slaag om ‘n beduidende verdeling in ANC geledere te bewerkstellig nie, is dit onwaarskynlik dat hy ‘n verdere noemenswaardige politieke rol sal speel. In die lig daarvan sal enige militante optrede van sy kant af met groter beslistheid van die ANC hiërargie in die kiem gesmoor word.
Behalwe vir etnisiteit wat hier ‘n rol speel, kan aangeneem word dat daar groter magte agter die skerms was wat toutjies getrek het om Malema ge-isoleer te kry. Die klimaat wat egter daardeur geskep het die potensiaal vir faksie verdeeldheid wat interessante wendings kan neem
Met sy besoek aan die stakers by Rustenburg, wil dit lyk asof Malema die vakbonde in die oog het vir toekomstige steun, wat niks goeds voorspel vir arbeidsonrus wat beheer moet word nie.
