Dit was voor 1986 wat die NG-Kerk sy lidmate gepaai het dat Kommunisme dood is. Dat dit nie meer n bedreiging vir ons volk is nie en dat die aandrang om weg te doen met apartheid en die oopstelling van die kerk vir alles en almal, nie n kommunistiese dryfveer gehad het nie. Dit was in daardie tyd wat die kontrasterende slagspreuk, Kommunisme is dood! Lank lewe die Kommunisme, vir die polities-nugtere Afrikaners die destydse toestand beskryf het.
Vandag blyk dit n feit. Nie net dat Kommunisme nie dood is nie, maar dat dit die grondslag vorm waarvolgens Nasionalisme verweer en geleidelik vernietig word. Kommuniste wat voor 1994 stil en op die agtergrond beweeg het, is nou prominent, vol bravado en uitgesproke in hulle kritiek teen alles en almal wat die bevordering van die kommunisme belemmer.
So spoel Jeremy Cronin in Rapport van 19 Februarie 2012 sy mond uit oor uitsprake van die howe onder die opskrif dat die regbank feilbare mense bevat.
Maar wie is Jeremy Cronin?
Gebore 12-09-1949 in Durban, huidig die adjunk Minister van Vervoer. Hy was lid van die Parlement en is die adjunk Sekretaris-Generaal van die SA Kommuniste Party. Cronin was ’n politieke gevangene en vir sewe jaar, vanaf 1976 to 1983, in die Pretoria C-Maks. Gevangenis aangehou
Jeremy Cronin was the son of an officer in the South African Navy. His childhood was spent in various naval bases, most especially Simons town. After his father’s death the family moved to Rondebosch where he went to school. He later completed degrees at UCT and in Paris.
Cronin returned to Cape Town in 1974 and lectured in the philosophy and politics departments. He was arrested in July 1976 and charged under the Terrorism Act for several years. In sentencing him to seven years the judge said: ‘So far as you are concerned Cronin, I get the impression from the political statement you made from the dock yesterday that you are quite unrepentant. I do suppose that the prison sentence I am going to give you is going to reform you.’
He spent most of his sentence in various security prisons in Pretoria, including three years in amongst death row prisoners in the notorious Pretoria Maximum jail
Politieke bedrywigheid
Member of Parliament | National Assembly | African National Congress
1999 - present
Deputy General-Secretary | South African Communist Party Johannesburg | 1995 - present
Political Officer | South African Communist Party 1990 - present
Editor: African Communist Magazine
Chairman | Portfolio Committee on Transport.
Previous Position(s)
Co-Convenor | Drafting Committee | Reconstruction & Development Programme 1993 - 1994
Negotiator | CODESA Multi-Party Negotiations 1991 – 1993. Various positions | African National Congress 1988 – 1990. Political Education Officer | United Democratic Front
Cape Town | 1984 – 1987. Lecturer | University of Cape Town| 1973 - 1976
Regbank bevat feilbare mense (Cronin: Soos in Rapport verskyn)
In die laaste paar maande het die ietwat lomp stellings van sommige comrades in ons beweging ’n weg gebaan vir ’n onbehulpsame debat.
Dele van die media én opposisiepartye het dié stellings aangegryp. Die ANC-geleide alliansie is na bewering gekant teen ons Grondwet en haal alles uit om die onafhanklikheid van die regbank te ondergrawe. Die te verwagte konserwatiewe het op die lawaaiwa geklim en ons Grondwet geparadeer asof dit ’n eng 19de-eeuse liberale dokument is wat ontwerp is om die staat te beperk en hul private eiendom te beskerm.
Die voormalige hoofregter Arthur Chaskalson het onlangs ’n baie belangrike bydrae tot die debat gelewer toe hy laat in Januarie ’n regswerksessie by die Universiteit van Kaapstad toegespreek het.
Hy het verwys na die aanloop tot die Grondwet en grensverskuiwende uitsprake van die konstitusionele hof en skitterend die idee ontluister dat die Grondwet op een of ander manier ’n struikelblok is vir ingrypende transformasie. Hy trek die oorsprong tereg na tot die tradisies van die bevrydingstryd, waaronder die Vryheidsmanifes van 1955 en die Harare-verklaring (1989).
Chaskalson sê verder dat die Grondwet lank nie net bloot die staat inperk nie, maar dat dit die uitvoerende gesag verplig om die samelewing te transformeer. Die Grondwet, sê hy, vra vir positiewe optrede waarmee die nalatenskap van apartheid, armoede en ontmagtiging gekonfronteer kan word en vir die opbou van ’n waarlik nie-rassige samelewing wat verbind is tot maatskaplike geregtigheid.
Transformasie voorsien mettertyd ’n verbetering in die lewe van mense deur beleidsrigtings, programme en projekte te institusionaliseer. Tot sovêr goed. Trouens, tot sovêr uitstekend. Chaskalson gee toe: “Daar kan dalk bepaalde sake wees waarin die regters iets gedoen of hulle van iets weerhou het wat wetlik die misnoeë van die uitvoerende gesag kon ontlok.
“Gewoonlik kan die kwessies reggestel word, maar selfs waar dit onmoontlik is, regverdig dit nie ’n aanval op die regbank as instelling nie.”
Weer is hy sekerlik in die kol ... Maar die laaste sin opper ’n voor die hand liggende vraag.
Wat gebeur wanneer die konstitusionele hof, sê nou maar, uitspraak lewer ten gunste van die konserwatiewe, wit landbou-unies wat tans die grondwetlikheid van die Wet op Petroleum- en Mineraalbronne bevraagteken? Dié wet maak die mineraalbronne in die grond die eiendom van alle Suid-Afrikaners met die staat as die bewaarder.
Die boere, van wie sommige dalk mineraalryke grond besit, wil natuurlik aanspraak maak dat dié minerale hul persoonlike eiendom is.
Dit is ondenkbaar dat die konstitusionele hof in dié geval ten gunste van wit landboubelange kan bevind. So ’n besluit sal lynreg indruis teen die gees en letter van die Handves van Menseregte, waaronder die eiendomsklousule.
Maar regters is menslik en sommige in die konstitusionele hof het al in die geheim gevoelens teen die ANC en uitvoerende gesag uitgespreek. (My beklemtoning)
Ek noem dié punte nie om die regbank as instelling aan te val of sy noodsaaklike onafhanklikheid te bevraagteken nie, maar om ons te herinner dat die regbank (soos die uitvoerende gesag) uit feilbare mense bestaan, nie halfgode nie.
Hoe verseker ons so ver moontlik dat ons instellings en stelsels het wat deursigtige en onkreukbare gedrag onder ons regters bevorder? Wat gebeur as ’n konstitusionele hof-regter in ’n konsortium is met bedryfsboere wat op mineraalafsettings sit?
Ek het nie rede om te glo dit ís so nie, maar die huidige beweerde traagheid van die regbank om sy sakebelange te verklaar (op die vals grondslag dat dit die onafhanklikheid van die instelling sal ondergrawe) boesem nie juis vertroue in nie.
Die uitvoerende gesag en sy dade moet aan die Grondwet antwoord gee. Die parlement se wette word onderwerp aan regterlike hersiening.
Die regbank het ook ’n plig om getrou te bly aan die Grondwet. Selfs die konstitusionele hofregters wat, ja, spelers én skeidsregters op dié gebied is.
Hoe verseker ons dat die regbank bestaan uit individue wat aanhou om die transformasionele visie te bevorder wat so goed verwoord is deur onder andere die voormalige hoofregters Ismail Mahomed en Chaskalson?
Dit is waar dit lyk of Chaskalson so effens kleigetrap het.
Soos ons gesien het, het Chaskalson in sy verwysing na die gees van die Grondwet die term “transformasie” in sy radikale betekenis van ’n omvattende en sistemiese politieke, maatskaplike en ekonomiese verandering gebruik.
Maar toe hy die bewering dat die regbank “ongetransformeer” is die hoof moes bied, verlaat hy hom op die engste van alle betekenisse.
Hy doen ’n rasse- en genderkwotatelling. Natuurlik is die strewe na ’n meer gebalanseerde verteenwoordiging in kernposte van gesag en mag nie onbelangrik nie, maar soos die bitter ondervinding van eng SEB ons geleer het: Kosmetiese verandering boaan die ranglys kan die aandag aflei van volhoubare transformasie oor die stelsel heen.
Solank as wat dié debatte geraam word in “ons” en “hulle” – soos in die ANC teenoor die Grondwet, of die uitvoerende gesag teen die regbank – sal ons nie veel verder vorder nie.
Ons sal, in der waarheid, net in die hande speel van die reaksionêre wat die Grondwet wil verwater en ’n Suid-Afrika bevorder wat nog grootliks ongetransformeer is. Jeremy Cronin is ’n SAKP-lid en adjunkminister van vervoer.
Uit die bo-vermelde rede van Cronin is dit duidelik waarom sekere ideologieë uit ’n land geban behoort te word en waarom Kommunisme en kommuniste uit Suid-Afrika verban was.
Die “gemeenskaplike” besit van eiendom, wat uiteindelik beteken die besit waarvan die voordeel in die hande van ’n groepie elite beland en die res van die landsburgers uitgelewer is aan wat die staat besluit wat deur daardie elite beheer word, is sekerlik die mees ondermynende stelsel denkbaar. Omdat daar binne die denkraamwerk van die kommunis, in teenstelling met die van ’n nasionalis, geen raakpunte is nie, verteenwoordig beide beleidsrigtings in een land niks anders as voortdurende ondergrawing en konflik nie. Wanneer die Comrades met die ietwat lomp stellings die vooruitgang van die kommunisme met hulle onvermoë begin bedreig, word hulle uitgewerk en as “goyim” vir kanonvoer gebruik. Hulle kan maar gerus daarvan kennis neem!
