Getalle is uiters handig in die finansiële milieu om begrotings te beplan en berekenings te doen ten einde te verseker dat daar binne perke van inkomste geleef en bestee word. In die berekening van persentasies, statistiek, groei, minderhede en meerderhede, is getalle onontbeerlik.
Dit is egter hier waar die knoop lê. Wanneer getalle in die politiek gebruik word om groepe in minder-en-meerderhede in te deel wanneer hulle in werklikheid volwaardige volke is, moet daar noukeurig gelet word op die motief. ’n Minderheid of meerderheid is ’n getalsbegrip. ’n Minderheid is getalsgewys noodwendig ondergeskik aan die meerderheid, wat noodwendig ’n numeriese wetmatigheid is.
’n Volk kan egter nooit ’n minderheid wees nie. ’n Volk is ’n gemeenskap van inwoners van ’n land wat afstamming, taal, sedes, geskiedenis, kultuur en oorlewering in gemeen het. ’n Groep daarenteen is ’n aantal persone of dinge wat as ’n eenheid beskou kan word, ’n versameling volke, lewende of lewelose dinge met gemeenskaplike eienskappe.
As daar dan nou na die Afrikaner as ’n minderheidsgroep verwys word, is die motief duidelik dat hy ondergeskik aan ’n meerderheid is en word die meerderheid bloot op grond van getalle in beheer gestel. Vandaar dan ook die veelgeroemde “nuwe” definisie van ’n demokrasie as “Majority Rule”. Met hierdie getalsbenadering in plek, het die aanwending daarvan een van die gevaarlikste wapens in die hande van ons vyande geword, selfs gevaarliker as ’n AK47 snelgeweer.
Dat die swart volke in getal in Suid-Afrika nog altyd groter was as die Afrikanervolk, kan nie betwis word nie. Die getalle het ons egter nooit kon bedreig nie, ten spyte daarvan dat ons hulle in diens geneem het vanweë hulle eie onvermoë om ekonomies na hulleself om te sien, omdat hulle nooit politieke reg gehad het in ons land nie. Hulle het wel in hulle eie lande dieselfde regte gehad as wat ons as blankes in ons land gehad het.
Nadat met behulp van sport, die kerke en kultuurorganisasies egter die beginsel van gelykheid van ras en geslag gevestig het, het ’n een-mens-een-stem verkiesing die getalsbegrip die dodelikste wapen in die hande van die swart rasse geplaas waarmee die blanke uit alles uitgedruk word, bloot deur die opsteek van meer swart hande as wittes!
Of dit nou die onderwysbeleid is, die wet op inligting, die uitsprake van die konstitusionele hof, die aanstelling van regters, Nasionale of plaaslike verkiesings, of wat u ook al aan kan dink, alles waaroor besluit moet word, is ondergeskik en onderworpe aan die besluit van die swart meerderheid.
Dit is hier waar die kleurling en Indiërbevolking kan kennis neem dat selfs hulle donkerder velle hulle nie van hierdie wetmatigheid gaan vrywaar nie. Dr. Verwoerd het gewaarsku dat Swart oorheersing uiteindelik die oorhand sal kry, ongeag watter regeringstelsel gevolg word. As die ANC uitsprake maak wat lui dat hulle nie kan toekyk hoe die Suid Afrika in ’n eenpartystaat ontaard waar die howe die septer swaai nie, dan is die skrif aan die muur vir die veelgeroemde “mees moderne grondwet ter wêreld” wat elke ander volk in Suid-Afrika se toekomstige welwese nog ingrypender sal raak as wat dusvêr die geval was.
Die absurde aansprake van die swart volke op die Republiek van Suid-Afrika word gesanksioneer deur hulle getalle wat op onregmatige wyse die politieke mag in hulle hande geplaas het. Die Republiek van Suid-Afrika behoort egter aan die Afrikanervolk en geen geknoei of verraad kan dit verander nie. Die geskiedenis kan nie deur leuens en uitsprake of ontkenning verander word nie. Dit staan vas vir tyd en ewigheid.
