SAMEHORIGHEID ’N VOORVEREISTE VIR SAMEWERKING
DIE BEHOEFTE
Ten einde 'n grondslag vir bo-genoemde te kan bepaal moet ons allereers die behoefte ontleed. Dat die klem deur verskillende organisasies en/of persone nie dieselfde oogmerk as ons sal hê nie, is voor-die hand-liggend! Waar die wolwe in skaapsklere die klem op eendrag sal plaas met die oog op "eenheid", soos bv. met die totstandbringing van die AWB, die KP, die Volksfront, Vekom, die Volkswag ens., sal diegene wat moedswillig weer die klem op veral militante verset gaan plaas waarskynlik dieselfde oogmerk hê, nl. om weer 'n opvangsgebied te prakseer om werklike Afrikaner-eenheid te voorkom soos met die BKA!
Die versugting onder Afrikaners na werklike Afrikaner-eenheid, wat telkens misbruik is deur gebruik te maak van verraaiers en verraaier organisasies in ons Volk bestaan steeds en mag nie buite rekening gelaat word in ons benadering om 'n grondslag vir eendragtige Afrikaner verset te formuleer nie!
Dat gesamentlike optrede noodsaaklik is vir effektiewe verset teen die uitmoor, kwaadwillige vervolging en algemene benadeling van die Afrikaner op feitlik elke lewensterrein, is nie te betwyfel nie. Om egter te voorkom dat ons Volksgenote weer, en veral nou onsself, verstrik raak in beplande lokvalle van ons vyande, sal die strategie van die vyand oor die afgelope dertig jaar, deeglik in aanmerking geneem moet word.
DIE STRATEGIE
Die skep van sosio-ekonomiese probleme op een na die ander en somtyds gelyktydig op verskeie lewensterreine om die aandag en energie van moontlike verset te kan bestuur.
Die suiwering van die gemeenskap van elemente wat moontlik tot weerstand kan lei.
Die gebruik van die media om vordering van verset te smoor
Ekonomiese maatreëls om enersyds “voorspoed” en andersyds verknegting en afhanklikheid te bewerk
Hierdie maatreëls is daarop gerig om die blanke moedeloos te maak om weerstand te bied en die indruk te skep dat daar niks aan gedoen kan word nie!
Om dus aan die behoefte van eendragtige verset te kan voldoen en terselfdertyd moontlike lokvalle te vermy sal daar leiding geneem moet word in die konsolidering van alle moontlike kragte regs van die regime, sodat daar met kundigheid opgetree kan word!
Die onwettigheid, onreg en gebrek aan ‘n werklike en ware demokrasie moet as slagkreet, dag-in en dag-uit, reg deur die land weerklink!
Verset-aksies teen uitgesoekte aanslae wat die kwesbaarste is en waar die maksimum emosie losgemaak kan word, moet gesamentlik begin word! Hierdie verset aksies moet die verbeelding kan aangryp en alle blankes saamneem! Alle aksies van ander “regse” organisasies en persone sal eers deeglik ge-evalueer moet word alvorens dit ondersteun kan word.
Ons sal egter kortsigtig wees as ons nie voorsien dat ons vyande enige optrede reeds bereken en verwerk het nie! Die filosofie van perseptiologie word telkens aangewend om die indruk te laat dat die verskille tussen ons en die ander Afrikanerbemande organisasies nie wesentlik is nie! Daarom is dit ook noodsaaklik om die verskil in benadering en beleid tussen ons en ander Afrikanerbemande organisasies in gedagte te hou. Veral ons suksesse teenoor hulle mislukkings in terme van visie, selfstandigheid en beleidsrigting om die bestaande gevoel van onsekerheid te besweer moet nie uit die oog verloor word nie.
DIE ONDERSTEUNING
Elke plaaslike en internasionale instansie wat ons goedgesind is asook diè wat negatief teenoor die regime en die huidige toestand in ons land is, moet van inligting van onaanvaarbare praktyke teen die Afrikaner in besonder en blanke in die algemeen voorsien word met die oog op ondersteuning.
Die Voedingsbron
Blanke kultuurverenigings, vakbonde, komando’s, boere-aksies en verenigings, ens.
DIE VERSETAKSIE
Die versetaksie moet allereers rondom die knelpunt gaan wat die grootste potensiaal vir ondersteuning vanuit die voedingsbron het.
Die versetaksie moet op landswye basis organiseer word.
Momentum moet behou en opgebou word deur deurlopende versetaksies wat in voorkeurorde mekaar opvolg na 'n klimaks toe.
DIE GRONDSLAG VIR DIE PAD NA EENHEID
Die Afrikaner Volksparty stel hom ten doel om die Volk van Suid-Afrika op te roep en aan te spoor om in die politiek en op alle ander terreine van die Volkslewe, sterk blanke samehorigheid te bevorder langs dieselfde prinsipiële en historiese weg as waardeur 'n enkele nasionale vlag, volkslied en 'n Republiek, afgeskei van die Britse kroon, verkry is. Terselfdertyd moet die volk daarvan bewus gemaak en gehou word dat hy medeverantwoordelik is vir die beleid en die dade van die owerheid wat hy gekies het! Daarom moet ons in die huidige omstandighede buite die bestel bly!
- Op Politieke gebied is die party verder bereid om saam te werk met almal wat sy Grondslag en Program van Beginsels onderskryf in onverdeelde trou en toewyding aan die Republiek van Suid-Afrika soos onder dr. Verwoerd, om sodoende, ‘n kragtige besef van Nasionale Selfstandigheid en Vryheid te ontwikkel.
- Op kultuurgebied saam te werk slegs met diè mense wat die kultuuropdrag in verbondenheid aan die eie nasie uitvoer en die anti-christelike en anti-nasionale strewe na kulturele eenvormigheid, rassevermenging en die voorbereiding van 'n wêreldstaat teenstaan sodat God-Drie-enig deur 'n verskeidenheid van Christelike volkskulture verheerlik kan word.
- Onwrikbaar op die fondasie van Christelike Afrikaner Nasionalisme as enigste bewese suksesvolle politieke bindkrag, in teenstelling met ander charismatiese benaderings wat telkens teleurgestel het, samehorigheid en eendragtigheid te bevorder!
- As daar ‘n samehorigheid tot stand gebring moet word, moet die fondasie dus reg gelê wees om enigsins ‘n duursaamheid te kan ontwikkel!
EENDRAG IN VERSET
Eendrag in verset het egter nie as voorkeur onmiddellike Afrikaner-eenheid nie. Die oogmerk is die saamsnoer van die Afrikaner se latente Nasionale krag wat opgesluit lê in sy Geestelike, sy finansiële en sy fisiese vermoë, wat tot nou toe, deur effektiewe verdeeldheid deur middel van beplande verraad bewerkstellig is! Dat eendragtige verset wat suksesvol implementeer word, noodwendig by politieke eenheid sal uitkom behoef geen betoog nie, want “een dracht maak macht!”
Die eis vir oorlewing verg egter dringende en onmiddellike eendragtige optrede bo-oor verskil van beleid en benadering! Daar moet dus meer wees as ‘n mobilisasie deur ‘n enkele party, organisasie of persoon. Dit moet begin met ‘n omvattende veiligheidsaksie, met een oorheersende oogmerk, nl., om die uitdryf en/of uitmoor van die blanke in Suid Afrika te stuit!
IN DIE PRAKTYK
Die eerste stap sal moet wees die betuiging tot bereidheid om so ‘n samehorigheid tot stand te bring as voorvereiste vir oorlewing van die blankedom in Suid Afrika.
Die leiers van die verskeie organisasies wat bereid is tot so ‘n aksie moet dan spoedeisend bymekaar kom en ‘n mediakonferensie hou waar hulle hul solidariteit betuig in die verset teen die huidige proses van uitmoor van die blankes!
Dit beteken baie meer openbare optrede waarin deurlopend op bo-genoemde riglyne konsentreer sal moet word!
