WAAR KOM DIE GELD VANDAAN?
Obed Mlaba en Mike Sutcliffe, respektiewelik voormalige burgemeester en stadsbestuurder van Durban se hantering van sake waarin twee miljard rand,(tweeduisend miljoen rand) oor ’n tydperk van agt jaar in wanadministrasie, korrupsie en bedrog in die drein af is, is onder die soeklig geplaas.
In Gauteng, voorheen PWV, moes die departement van gesondheid 9,6 miljoen rand uitbetaal as gevolg van mediese nalatigheid, terwyl die distriksmunisipaliteit van Pietersburg vier miljoen rand plus regskoste van nagenoeg vyfhonderdduisend rand aan die voormalige brandweerhoof moes uitbetaal as gevolg van onregmatige afdanking.
42 Miljoen rand by die poskantoor gesteel terwyl die Suid-Afrikaanse Polisiediens reklameborde laat maak het met die verkeerde telefoonnommer op wat die belastingbetaler sowat R740,000-00 uit die sak gejaag het.
Meer as1200% kinders meer as tien jaar gelede ontvang nou toelaes van die staat terwyl almal saam wat op toelaes geregtig is met 333% toegeneem het sedert 2001. Dit is 10.3 miljoen kinders alleen wat uit die staatskas befonds word wat volgens inligting sal groei tot 11,3 miljoen in 2013!
ZUMA SE BEGROTING:
Beeld se politieke redaksie besing Zuma se begroting as die beste tot dusvêr. Tenspyte daarvan dat daar nog bladsye vol geskryf kan word van miljarde rande wat vermors, gesteel, wanaangewend en in korruptiewe transaksies in die bodemlose put van onbekwaamheid en kompulsiewe misdadige handelinge verlore raak vir algemene landsbestuur, word daar rustig en gemoedelik aankondigings gemaak van infrastruktuurverbeterings waarvoor daar kennelik nie geld is nie.
Geen verwysing na die omstrede inligtingswet of uitfasering van blanke vroue en gestremdes uit BEE wat ’n beperking op van die bo-vermelde praktyke kon plaas, of enige aankondiging van maatreëls wat die vorige aankondigings van beperkinge op korrupsie, wat nie gerealiseer het nie te verbeter, niks om misdaad en veral moorde op blankes wat steeds die ruggraat van die ekonomie is stop te sit nie!
Die grafiek na elke begroting dui op ’n steeds skerper daling op elke lewensterrein en ’n styging in die voorspoed van enkele bevoordeeldes waaruit die res van die land se bevolking uitgesluit is.
Die politieke retoriek het nie ’n saak met vorige besluite en beloftes wat nie realiseer het nie en floreer op die positiewe reaksie van ’n ondersteunende media wat soos in die verlede, ten koste van selfs lewens en vooruitgang, besig is om tyd te koop vir politieke bekooksels om in plek te kom.
Dit herinner aan die Bybelse verhaal van Eli wat sy sondige seuns bestraf het, maar nie streng bestraf het nie en moes hoor dat hy saam met hulle nog in dieselfde jaar sou sterwe.
Vir die Afrikanervolk beteken hierdie begroting, soos elke vorige een net verdere agteruitgang en waarsku die AVP dat ons steeds meer konserwatief moet spandeer en meer innoverend buite die bestel moet leef en beplan. Ons heil setel nie in samewerking met die ongelowige nie. Ons moet meer bid en meer waaksaam leef en ingestel wees op oorlewing as ’n volk en nie as ’n minderheidsgroep in ’n raslose reënboognasie wat deur ons befonds moet word sodat hulle dit kan uitmors nie.
Die boek met die titel, “Confessions of an economic Hit Man”, deur John Perkins, werp interessante lig op waar geld vandaan kom vir lande wat oor bronne beskik wat ander nie het nie maar graag wil en moet hê!
Redaksie.
