’n WAARDIGE BELYDENIS VAN ’n WAARDIGE GENERAAL
Generaal Johan van der Merwe, voormalige polisiekommissaris, is dusvêr die enigste generaal uit die vorige NP-regering wat die moed en integriteit openbaar van ’n ware Afrikaner en bereid is om te staan en te val by die waarheid!
As daar ander sulke generaals is wat in die openbaar en in die media die rol van die kerk, kerkleiers en die werklike waarde van die beginsel van afsonderlike ontwikkeling in ware perspektief geplaas het, dan is die AVP nie daarvan bewus nie.
Dit plaas generaal van der Merwe, ten spyte van ander optrede tydens sy dienstydperk waarmee ons heftig met hom verskil het, in die eerste plek van ’n Afrikaner-generaal wat bereid is om vir die Afrikanervolk en ons edele bedoelings met die beleidsrigting van Afsonderlike ontwikkeling, in die bres te gaan staan! Die AVP salueer u daarvoor!
Dit is ’n verfrissende briesie oor die dekadente en veragtelike “politieke korrektheid” van voormalige politici en amptenary wat die uitmuntende prestasie van die Afrikanervolk, wat in rekordtyd die Suidpunt van Donker Afrika in ’n ligpunt omskep het onder die seënend hand van God, Onse Vader, vir wie baie Afrikaners te skaam geword het en hulle geloof eerder na die wil van die wêreld gewend het!
Die terreur deur die terroriste in die 80’s waarna generaal van der Merwe verwys, het nie daar opgehou nie maar het momentum opgebou en gesneeubal tot die allerverskriklikste ongebreidelde barbaarse vloedgolf van dood en verwoesting, wat dreig om versluier te word deur ’n al groterwordende vlaag van korrupsie. Anders as genl. van der Merwe, bly die ander betrokke oud NP’s in gebreke om te erken en te bely dat hulle verbrou het en poog selfs om hulle optrede te regverdig!
’n Belydenis soos hierdie van generaal van der Merwe, wat terselfdertyd ook ’n erkenning is, skep weer vertroue en moed onder Afrikaners wat die verraad teenoor die Godgefundeerde beginsels en waardes van die Afrikanervolk, soos wat dit nog was in dr. H.F. Verwoerd se tyd, as die ergste ellende wat die Afrikanervolk in sy hele geskiedenis ervaar het, beskou.
Danie Varkevisser
03 Januarie 2012
