Wat het verander sedert Ben Marais hierdie onderstaande verklaring in 2010 uitgereik het, en wat het die TLU met hulle enorme infrastruktuur sedertdien daaraan gedoen behalwe om persverklarings uit te reik? Die vraag kan tereg gevra word, wat het enige van ons ander Afrikanerorganisasies gedoen om ons veiligheid te verseker. Vir wie wil ons die land regruk deur die simptome van ‘n rasgemengde samelewing te probeer dokter terwyl die Afrikanervolk, die regmatige eienaars van Suid Afrika, een vir een uitgeroei word? Dit is tyd vir laertrek!
TLU PRESIDENT SPREEK KOMMER UIT OOR PLOFBARE VEILIGHEIDSITUASIE
TLU SA se Dagbestuur het met kommer kennis geneem van die groterwordende lys van onbevoegde optrede van staatsinstellings, wat nou ‘n wesenlike veiligheidsrisiko skep:
Die feit dat Korrektiewe Dienste nie toegesien het dat vrylatingsvoorwaardes stiptelik nagekom word nie, in die geval van die beweerde jeugdige moordenaar van mnr. Eugene Terre’Blanche, wat bydraend was tot die dood van mnr. Terre’Blanche;
- Die feit dat polisielede toenemend met misdaad verbind word, soos in die geval van die naweek se transitorooftog waartydens ‘n polisieman doodgeskiet is en daar vermoed word dat polisielede betrokke was;
- Die feit dat steeds meer gevalle aan die lig kom van polisie vuurwapens wat gesteel word of verlore raak, of waar wapens wat ter goeder trou deur die publiek ingehandig is, gesteel of selfs deur polisielede verkoop word.
- Die stadige en onbeholpe wyse waarop die polisie nuwe aansoeke vir vuurwapens hanteer. In sommige gevalle wag mense al tot twee jaar vir ‘n lisensie, en is hulle gevolglik sonder beskerming, omdat die polisie se stelsel óf nie werk nie, óf omdat die polisie daarop uit is om mense moedswillig weerloos te laat sonder selfbeveiligingswapen.
“Die veiligheidsituasie in die land is reeds op ‘n gevaarlik lae vlak. Hierdie opsetlik of nalatig misdadige optrede van die polisie en ander staatsinstansies, veroorsaak dat ‘n uiters plofbare situasie kan ontstaan, waar die publiek geen vertroue meer in enige blou uniform sal hê nie, wat kan lei tot gewelddadige konfrontasie, met gevolge wat niks goeds vir die land kan inhou nie,” sê TLU SA se President, mnr. Ben Marais.
“Sodra ‘n bevolking sy respek vir die veronderstelde handhawers van wet en orde verloor, is daar al sprake van anargie. Suid-Afrika is tans op die rand daarvan, en tensy iets vinnig en drasties gebeur, onomkeerbaar op pad daarheen,” sê mnr. Marais. “Die enigste wat iets daaraan kan doen, is die regering self. Ons sal voortgaan om ons boere te wys op die noodsaaklikheid om hulleself te beveilig, deesdae oënskynlik selfs teen die polisie.”
