Dit is veral uit die liberale, humanistiese en charismatiese dampkring wat enige kritiek vanuit behoudende of te wel nasionalistiese kringe ge-uiter word, afgemaak word as rassisties, ongeregverdig, onbillik of bloot kwaadwillig. Nugterheid oor feitlike, sigbare en geregverdigde kritiek oor veral die politieke wanstaltigheid waarmee ons nou te doen het en wat daartoe aanleiding gegee het word doodeenvoudig in die doofpot gestop.
’n Nuwe Babel
Dit word egter vry algemeen aanvaar dat sake nie in Suid-Afrika verloop soos wat die binnelandse medewerkers van die argitekte van die “nuwe” Suid-Afrika in gedagte gehad het nie! Vir die argitekte self loop sake klopdisselboom en is Suid-Afrika saam met die res van die wêreld op pad na die beplande een wêreldregering.
’n Eenheid wat daarop gerig is om die skeidingsbeginsel van GOD weer om te keer soos wat dit met die Bybelse toring van Babel was. Dit word ook deur die naam Babilon weerspieël, wat Poort na die gode beteken. (Ná die taalverwarring is Babilon ook met die begrip verwarring geassosieer).
Dat daar verwarring deur hierdie ingryping ontstaan het, is wêreldwyd sigbaar. In Suid-Afrika vind dit neerslag in veral Afrikaners wat eens stoere nasionaliste was, maar vandag medewerkers aan die vestiging van ’n sogenaamde “demokrasie” geword het en ander met hulle saamsleep op pad na ’n dekadente samelewing waarvan die tekens al oral sigbaar is ten spyte van uiterste pogings om dit te maak werk. Dit is hier waar dr. D.F.Malan se vraag, Quo Vadis Afrikaner, weer helder opklink!
Pogings vir vryheid
Dat daar oral Afrikaners is wat wat “oplossings” bedink het en poog om mense se steun daarvoor te kry sodat die Afrikanervolk weer vry kan kom om oor homself te regeer, is seker waar. Dat daar selfs van hulle is wat opreg in hulle bedoelings is, is seker ook waar. Dit is egter wanneer die hoop en vertroue op ongelowiges se welwillendheid en hoogstens gewaande sin vir billikheid en regverdigheid gevestig word, dat die eensgesindheid onder Afrikaners geskaad word en in verdeeldheid ontaard.
Die Afrikaner se grondslag is heel eerste sy vaste geloof in God. Nie in strukture, onderhandelings en ooreenkomste met ongelowiges, ongeag of dit blankes is. Dit is God se voorsienigheid wat die Afrikanervolk hier geplaas, beskerm en onderhou het, het ons voorgeslagte geglo. Waarom sou dit nou nodig wees om anders te glo en op ’n ander wyse ons vryheid te probeer terugkry as ons dit juis verloor het deur die beginsels en grondslag waarop ons dit verkry het te versaak?
Kritiek is geldig
Kritiek op die wyse waarop die land “regeer” word, is meer as geldig en slaan oral uit. Selfs uit oorde waaruit dit die minste verwag sou word. Dit herinner my aan die onheilspellende stelling van genl. Tienie Groenewald van Militêre intelligensie faam wat voor 1994 in die liberale Vrye Weekblad van die ewe liberale Max du Preez, gesê het dat dit eers met ’n mens finansieel goed moet gaan, want dan word hy meer liberaal en meer toegeeflik.
Kan ons nou sê dat dit eers met die liberale humanis moet beroerd gaan, tot by bankrotskap en tot op die rand van die dood, sonder opleidingsmoontlikheid en die potensiaal van swak of selfs geen kragvoorsiening, onbegaanbare paaie, vrot water, hoë belastings, korrupsie op ongekende skaal en dan nog die risiko van enige ander ellende wat jy kan bedink voordat nugterheid hulle inhaal en hulle meer rasioneel begin dink.
Uit liberale oord
Die standpunt van Johan Rupert dat Europa Afrika sien as ’n plek van mense wat wat geld insamel vir liefdadigheid met honger babas wat met vlieë oortrek is. Dit is nie die beeld wat ’n mens wil gee vir ’n plek waarvan verwerkte voedsel kom nie, sê Rupert. Gesien die Ruperts se afkeer van dr. Verwoerd en teenkanting teen die Nasionale Party van die sestigs se beleid, is dit enersyds verbasend en andersyds ’n vars bries van ’n wind wat omgedraai het sedert Harrold Mac Millan van Britanje se “Winds of Change”-toespraak.
Jy moet polities agtergeblewe wees om nie te verstaan dat Rupert eintlik na Suid-Afrika verwys en nie soseer na Afrika nie. Dit word bevestig deur sy stelling dat die benaming WOSA, (Wines of South Africa), nie die ding vir die wynbedryf in SA doen nie. Die benadering om deur die benaming WOSA Suid-Afrika uit te beeld as ’n plek van Biodiversiteit, bevorder nie die verkoop van Suid-Afrikaanse wyne nie. Mense koop nie wyn as gevolg van biodiversiteit nie maar oor die gehalte van die wyn, sê Rupert.
Die belangrikste stelling wat hy gemaak het op die Vinpro-inligtingsdag waar hy die spreker was, is die kernwaarheid dat ’n handelsmerk die simbool is van wat jy verwag om te kry. Dit gaan om die standhoudendheid van die gehalte wat jy verwag om te kry, het Rupert gesê. Nou verg dit nie ’n vreeslike verbeelding om daaruit af te lei dat die standhoudende gehalte van ’n Wosa-produk, ge-assosieer sal word met vliegbedekte honger babas nie.
Insgelyks kom daar ’n tirade deur Jonathan Jansen, vise kanselier en rektor van die Universiteit van die Oranje Vrystaat oor die gehalte van onderwys in Suid-Afrika.
“ If I had to make the choice with my own children today, I would seriously consider not sending my child to school in South Africa, for one simple reason: I do not trust a system that makes it possible for a child to pass Grade 12 with 30% in some subjects and 40% in other subjects. I would be filled with fear when I discover that you can get 32% in mathematics and 27% in physical science and still get an official document that says you can continue to study towards a Bachelors degree at university
If we do not do this as universities, it is only a matter of time before ALL 23 institutions of higher learning become like our schools—good on paper but weak in reality. It is then also on a matter of time before this country with its still enormous potential becomes yet another failed African state.”
Voorwaarde vir samewerking
Dit is eers wanneer Afrikaners oortuig is dat daar géén heil in hierdie stelsel is en dat ons vryheid nie langs hierdie weg verkry sal word nie, dat politieke eenstemmigheid en samewerking bewerkstellig kan word. Uitlatings soos dié van Rupert en Jansen en nog vele ander liberales wat gelukkig nie ook hulle logika verloor het nie, bevestig die kern van die Afrikanervolk se politieke insig dat swart en wit nie deur middel van dieselfde politieke stelsel regeer kan word nie, bloot omdat ons kultureel te vêr van mekaar verskil.
Dat die swartes boonop die politieke “toegeeflikheid” (lees verraad) van die Afrikanervolk uitbuit om ons leed aan te doen in stede daarvan om soos beskaafde wesens op die voortreflike beheer en bestuur van die land te konsentreer om sodoende bewys van hulle verklaarde vermoë te bewys, is ons op pad na nog ’n falende Afrikastaat soos Jansen uiteindelik agtergekom het.
As daar niks is waarvoor ons bereid is om te sterf nie, behoort daar ook niks te wees wat die moeite werd is om voor te lewe nie. Laat ons ons dus geestelik voorberei om in verset te kom teen die onreg waaraan ons blootgestel is.
