Media

KERNKRAGTEGNOLOGIE VIR AFRIKA

’n Interessante beriggie in die Philadelphia Inquirer in Amerika dui op ’n aanbod van die Irannese hoof van kernkragontwikkeling, Fereidoun  Abbasi, aan lande in Afrika. Die omstredenheid van die kernaktiwiteite in Iran, wat deur Amerika verdink word daarvan dat hulle besig is met kernwapenontwikkeling, maak Iran se aanbod aan Afrikalande des te meer interessant .

Die aanbod behels hulp van Iran aan “vriendelike” Afrikalande wat oor uranium neerslae beskik om hulle in staat te stel om dit te verwerk en om te skakel in kernmateriaal.

Iran maak daarop aanspraak dat hulle die volle siklus in die vervaardiging van brandstof deur die ontrekking van uraan uit uraandraende materiaal bemeester het vir gebruik in reaktors en dat hulle bereid is om daardie tegnologie met ander te deel. In hierdie aanbod spesifiek aan wat hulle bestempel as “vriendelike” Afrika volke.

Westerse aantygings dat Iran besig is om ’n bom te vervaardig, word heftig ontken.  Dat ’n aanbod soos hierdie egter die Amerikaans-Britse greep in Afrika kan skaad, sal sekerlik ernstige besprekings in die geheime knoeikamers van die Weste tot gevolg hê. Dit was nie lank terug dat Putin van Rusland op sy beurt Rusland se kernvaardighede aan Iran aangebied het nie.

Met die Broederbond as bondgenoot van die Brits-Amerikaanse Imperialsite, sal Suid-Afrika se rol in hierdie aanbod nou verbind wees aan die mate waarin die Broederbond se aanspraak op invloed in die ANC se topstruktuur, enige substansie het.