Media

LESERSBRIEF - VRYMESSELAARS

-------Original Message-------

From: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Date: 2012/01/21 09:05:31 AM

To: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Subject: Regstelling

 

Ek dink u sal met my saamstem dat ons almal foute begaan.

Sou enige persoon `n ander attent maak waar hy fouteer, berus die onus tog op die aangewese persoon om te ondersoek en dan die belangrikste deel....Regstel ... of terwille van self trots en self eer, die uitwysing ignoreer.

Ek wil u op `n foutjie uitwys en eers net versoek om die feite en geskiedenis te ondersoek en dan na deeglike oorweging u besluit te neem.

Wat soek vrymessellaar Jan v. Riebeeck tussen ons volksgenote?

Het sy lojaliteit by die volksplanting gelê?

Hier is `n kort video greep op youtube...

http://www.youtube.com/watch?v=XgaCRnUA1TU

 Copy en paste in u adres bar, en begin u eie ondersoek asb.

 Ek glo as u die regte besluit neem en u redes aanvoer, sal dit u integriteit bewys en sal u van opregte volksgenote  niks minder as groot respek ontvang nie.

 Ons volk is immers moeg van duiwels tussen ons.

 

ooooOoooo

 

ANTWOORD VAN DIE LEIER

Geagte mnr. Ras,

Dankie, vir u vermaning en navraag.  Net eers ’n paar regstellings.  Die feit dat iemand verkies om iemand anders se vertolking van die geskiedenis, waaruit dan ’n aanmaning spruit te ignoreer, beteken nie noodwendig dat dit om self trots of self eer gaan nie.

Tweedens sou dit uiters onverantwoordelik wees om iemand bloot op ’n aangeleerde gewoontehandeling in die vorm van handgebare te veroordeel as okkultis.

As ek dit gesê het beteken dit nie dat ek ongeërg is oor Jan van Riebeeck se beweerde verbintenis met die Vrymesselary of dit hoegenaamd goedkeur nie. Inteendeel verwerp ek enige verbintenis met enige okkultiese en/of volksvreemde organisasie en praat ek ook namens die AVP as ek dit sê.  Dat u die Vrymesselary as ’n bedreiging sien, is prysenswaardig en dui op ’n sekere politieke paraatheid.

Laat ons egter oor dié sake nie ons nugterheid verloor nie. Wat ook al van Riebeeck se affiliasies was, doen geen afbreuk aan die feit dat hy die volksplanter was waaruit die Afrikanerdom gegroei het.  Net so word beweer dat Piet Retief, C J Langenhoven en dr. D F Malan Vrymesselaars was en dat Moerdyk wat die Monument ontwerp het ’n Vrymesselaar was en dat hy Vrymesselaarstekens en embleme in sy ontwerp ingesluit het.

Dit mag alles waar wees, maar dit is water, lank gelede onder die brug en doen niks af aan die feit dat hulle Afrikaners was wat sekere bydraes tot ons volkswording gemaak het wat waardevol was en onomstootlik in die geskiedenis vasgelê is.

U verwys waarskynlik na die gesigte in die hoofmas van ons webblad.  Die rede waarom daardie gesigte daar is, is om die geskiedenis se verloop en die goue draad van nasionalisme sedert die volksplanting aan te dui wat deurgetrek is tot vandag toe.

Ek stem  van ganser harte saam met u dat ons die duiwels onder ons moet vermy.  Dit sal egter wys wees om nie te fokus op die afgestorwe “duiwels” nie maar op die huidiges,  waarvan nie almal Vrymesselaars is nie en sommige selfs in die kerk en prominente Afrikanerorganisasies sit!

Vriendelike groete,

Danie Varkevisser.