RSA
Die Openbare Beskermer ondersoek bewerings dat die departement van openbare werke kontrakte ter waarde van tot soveel as 300 miljard rand onregmatig toegeken het, luidens ’n berig in die Beeld koerant van 12 Desember 2011. Dit blyk dat in die orde van meer as 2400 kontrakte in gedrang is wat die departement aan mnr. Roux Shabangu toegeken het.
Namibië.
Op die voorblad van die Namibian van Vrydag 23 Desember 2011 verskyn ’n berig wat só lui: “The ministry of Agriculture, Water and Forestry has pushed Government into hiring a company with a chequered past to build a dam at a cost of N$2.8 billion – N$800 million more than another bidder who was initially appointed.
The decision on the construction of the Neckartal dam in Southern Namibia was taken in questionable circumstances at a special Tender Board meeting held specifically for this issue…”
Verder word berig dat die sogenaamde “war Veterans”, 16,000 van hulle, elk N$50, 000 betaal gaan word. “The Ministry of Veterans Affairs will today pay out approximately N$800 million to sixteen thousand former freedom fighters in individual lump-sum payments of N$50,000 each.
Terwyl in die Afrikalande waar daar nog geld beskikbaar is, op die uiterste onverantwoordelike wyse mee gehandel word en die verantwoordelike amptenare op die mees bedenklike en selfverrykende wyse ten koste van die belastingbetaler die hele wêreld vol rondrits in stede van hulle pligte nakom, is die verskillende etniese groepe in plekke soos Somalië, Ruanda, Zimbabwe en selfs hier in die RSA besig om mekaar uit te moor om magsposisies te bekom.
Hierdie patroon is so oud soos Afrika en tog word goedgelowige Afrikaners vandag nog oortuig, deur veral regerings en instansies met duistere motiewe, dat dit ons verantwoordelikheid is om saam te werk om so ’n dekadente stelsel te maak werk.
Mag 2012 die jaar wees waarin groter nugterheid en veral politieke eensgesindheid onder Afrikaners posvat in samewerking om die totale aanslag met kundigheid teë te gaan op pad na ons vryheid. Nasionalisme is die doring in ons vyande se vlees. Kom laat ons weer die Nasionale vlam hoog laat brand! Dit was wat ons voorgeslag vir ons as pand bewaar het as die effektiefste wapen teen die liberalisme wat dreig om ons in die maalkolk van ’n Nuwe Wêreld Orde in te suig.
Die stryd is eers verloor as ons die wil om te stry verloor het!
