SUID-AFRIKA STEIER ONDER TSUNAMI VAN KORRUPSIE, MOORD OP BLANKES EN GELDVERMORSING
’n Tsunami is ’n seismiese seegolf wat veroorsaak word deur ’n ondersese ontploffing, aardskudding, vulkaniese uitbarsting wat groot afmetings oor groot dele van oseane aanneem en geen verband het met getygolwe nie. Wat hoër golwe afgee namate dit vlakker waters bereik waardeur oorstromings kan ontstaan.
’n Beter beskrywing vir dit wat die NP-Regerings van Vorster, Botha en de Klerk op Suid-Afrika losgelaat het, is nouliks denkbaar. Die onverwagse, ondergrondse aardskuddende gebeurtenis wat na vele waarskuwende ontploffings sedert 1969, golf na golf oor beleid en beginsel gespoel het, het met geweld in 1994 ’n hoë golf oor Suid-Afrika laat breek waarvan die na-skokke in 17 jaar steeds aanhou en besig is om op te bou na die grootste oorstroming in ons volk se geskiedenis.
KRIMINALITEIT VIER HOOGTY
Een kriminele president na die ander en een kriminele hoof van polisie na die ander, se resultaat is een korruptiewe minister na die ander met geen prestasie van staatsdiens of plaaslike owerheid as gevolg daarvan.
Met ’n ongebreidelde moordtog van swart op wit en ’n stroom van verkragtings van blanke vrouens en dogters, steier die Afrikanervolk op die rand van totale uitwissing en die beste poging waarmee organisasies wat voorgee dat hulle in Afrikaner belang optree, vorendag kan kom, is om ons land prys te gee vir ’n volkstaatjie, terwyl ander in samewerking met die regime wat besig is om ons uit te wis, Suid-Afrika wil maak werk.
AMERIKAANSE INVLOED
Enige normale mens behoort bekommerd te wees oor die stilte vanuit ons westerse “bondgenote” se geledere oor die onmenslikhede waaraan blankes in Suid-Afrika onderwerp word. Dit is eers as die afgelope gebeure in Libië be-oordeel word dat jy begryp dat Suid-Afrika ’n belangrike skakel in die Wêreldorde se ketting is en dat die hele beginselvaste en gelowige deel van die Afrikanervolk soos Gadhafi vermoor moet word as hulle nie soos die ander oorgeërs, saampraters, vlugters en hensoppers die knie wil buig nie!
Harrold MacMillan se stelling dat, ‘the South African Nation is expendable’, kry dan perspektief terwyl die NP se verraad teenoor die Afrikanervolk, wat vanweë sy militêre vermoë, gesterk deur sy Christelik-Nasionale grondslag ’n ondeurdringbare skans teen die beplanning van die Nuwe Wêreld Orde was, nou blootgelê is vir elkeen wat oë het om te sien en ore om te hoor, dat dit niks met apartheid te doen het nie, net so min as wat dit in Libië oor Gadaffi se “diktatorskap” gegaan het. Die bloedbevlekte hande van Amerika en Brittanje is prominent in hierdie mensgemaakte tsunami wat dreig om ons van die verhoog van die geskiedenis af te vee!
WAAROM IS ONS SO BLOOTGESTEL?
Omdat ons verkeerd gestem het in 1993 se referendum? Is dit miskien omdat ons nie die HNP gesteun het toe hulle in 1969 reeds gewys het op die afwyking van die NP van die beleid en beginsels wat ons tot hoë hoogtes gelei het van 1948 tot en met die sluipmoord op dr. Verwoerd in 1966? Was dit dalk omdat ons nie standpunt ingeneem het toe die Godheid van Christus reeds in die 1983 grondwet van Suid-Afrika uitgeskryf was nie?
Ja, sekerlik het dit ‘n aandeel gehad. Maar as gelowiges moet ons verstaan dat omdat ons ewigheidsbestemming primêr in ons bestaan op aarde is, ons allereers sal vasstel waarom ons hemelse Vader ons aan die onreg wat ons nou beleef blootstel. Daardie antwoord kan ons slegs in die Bybel kry waar die antwoord vir ons opgeteken is:
DEUTERONOMIUM 27:
1. AS jy dan goed luister na die stem van die HERE jou God om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die HERE jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde.
13. En die HERE sal jou die kop en nie die stert maak nie, en jy sal net boontoe en nie ondertoe gaan nie as jy luister na die gebooie van die HERE jou God wat ek jou vandag beveel om te hou en te doen,
15. Maar as jy nie luister na die stem van die HERE jou God, om sorgvuldig te hou al sy gebooie en sy insettinge wat ek jou vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal.
43. Die vreemdeling wat by jou is, sal hoër en hoër oor jou opklim; en jý sal laer en laer afsak
Dit is in God se hand om selfs enig tsunami af te weer, wat sy aard en omvang ook al mag wees. Daar is egter vereistes wat ons moet nakom en dit sluit verseker nie onderhandeling met die ongelowige in nie!
Kom Afrikaners, wees nugter en vol moed! Maar laat ons begin deur aan God se gebooie gehoorsaam te wees, want daarin lê die sleutel tot ons vryheid!
