Die moord op Muammar Gaddhafi, die voormalige leier van Libië, het die weg gebaan vir die geldmagte om Afrika opnuut te kolonialiseer. Terwyl baie Blankes en veral regsgesinde Blankes dalk verheug sal wees dat Gaddhafi nie meer daar is nie, veral weens sy steun vir die ANC-regime, is dit tog so dat hy dwars in die pad van die gryplustige geldmagte gestaan het en baie gedoen he tom sy eie mense op te hef.
So was dit byvoorbeeld ‘n feit dat die burgers van Libië nie vir elektrisiteit betaal het nie, daar geen rente op lenings was wat by banke aangegaan was nie, dat die reg op behuising ‘n mensereg was in Libië en dat elke pasgetroude paartjie in Libië ‘n bedrag van ongeveer R350 000.00 van die regering ontvang het om hulle eerste woonplek aan te koop.
Opvoeding en mediese sorg in Libië was ook gratis en was 83% van die inwoners van Libië geletterd. Persone wat in Libië wat hulle tot boerdery wou wend, het gratis plase ontvang waarop ‘n plaashuis was en met al die nodige toerusting en vee. Indien ‘n burger van Libië ‘n motor wou koop is 50% van die koopprys deur die regering gesubsidieer. In Libië het petrol 68c per liter gekos en Libië het ook geen buitelandse skuld gehad nie en was sy reserwes geraam op 150 biljoen dollar. Indien ‘n vrou ‘n kind gebaar het in Libië het sy onmiddellik ‘n bedrag van R35 000.00 ontvang en het 25% van alle Libiërs ‘n universiteitsgraad.
Dit is nou duidelik dat Gaddhafi op grusame wyse om die lewe gebring is en dat hy selfs aan foltering en sodomie onderwerp is en dat hy eenvoudig brutaal doodgeskiet is nadat hy gevang is. Dit is natuurlik ‘n oortreding van die Geneefse Konfensie van die 1949 wat betrekking het op die behandeling van gevangenes in oorlogstoestande en sal dit interresant wees om te sien of die Internationale Strafhof enige stappe gaan neem teen die moordenaars van Gaddhafi waar dit waarskynlik op instruksies van die NATO (VSA)-magte gedoen is.
Angela Merkel, die kanselier van Duitsland, het die dood van Gadhafi verwelkom en dit as ‘n “vars politieke begin” beskou terwyl Barack Obama, die president van die VSA, dit as ‘n “monumentale dag” in die geskiedenis van Libië beskou het. Dat Gaddhafi in die 42 jaar wat hy aan bewind was, hom aan menseregte vergrype en skuldig gemaak het, mag so wees. Feit is egter dat die VSA, wat dit so hoog opgee oor die beskerming van menseregte, geen ag daarop geslaan het toe Gaddhafi gevange geneem was nie.
Wat min mense besef is dat Gaddhafi vir baie jare as “bondgenoot” van die Weste gesien is, maar het die ingryping in Libië waarskynlik plaasgevind weens die feit dat China se investering in Libië en die gevaar wat dit vir die VSA ingehou het. Laasgenoemde kon dit eenvoudig nie toelaat nie. Libië is een van die wêreld so grootste verskaffers van olie en was dit waarskynlik die grootste rede waarom Ghaddafi, wat hom teen die VSA verset het, onttroon moes word.
Nou rig die VSA sy arendsoë op ander Afrikastate, waaronder Oeganda en Soedan. Die ANC-regime kan maar kennis neem: Sou hy China ‘n groter greep op hierdie land gee, is Suid-Afrika ook in die VSA se visier – iets wat die Afrikaner dalk net kan help!
