
Ingenieurs sal bepaal wat moet gebeur met die Schubart Park woonstelle in Sentraal-Pretoria. Hulle sal bepaal of die geboue gesloop moet word of opgeknap word.
Verlede maand het gewelddadige betogings by die kompleks losgebars nadat elektrisiteit voorsiening aan die geboue gestop is weens skade aan die substasie onder in die gebou.
Bande is binne in die gebou verbrand, inwoners het ook bakstene en bottels op die straat gegooi en 'n mobiele toilet en die motor is aan die brand gesteek. Die polisie het 79 mense in hegtenis geneem vir openbare geweld.
Die inwoners is gekant teen verskuiwing uit die gebou, maar Noord-Gauteng Hooggeregshof Regter Bill Prinsloo het beveel dat hulle vir hul eie veiligheid ontruim.
Kliek HIER om na nog foto’s te kyk (met dank aan André Schmidt)
Neem n rukkie om te laai!

