HERVORMDE KERK AAN DIE EINDE VAN DIE PAD … TYD VIR ‘N NUWE BEGIN!
Die Nederduitsch Hervormde Kerk besef dit dalk nog nie, maar hy het met die besluite wat geneem is tydens die pas afgelope Buitengewone Algemene Kerkvergadering, die einde van ‘n era bereik. Deur ‘n streep te trek deur sy eie en ons volk bestaan en deur die Afrikanervolk as ketters te verklaar, sal hierdie kerk se einde beteken.
Ja, so het die humanisme met sy liberalisme ook die ou Voortrekkerkerk, die kerk van Jan van Riebeeck en die staatskerk van die ou Zuid-Afrikaanse Republiek, ingesluk net om hom later te vernietig. Nou swaai die humaniste en ateïste die septer in hierdie kerk.
Reeds in 2010 het die AVP voorspel dat die Hervormde Kerk ‘n skeuring in die gesig staar. Daardie skeuring is nou onvermydelik. Wat tragies is, is dat diegene wat die meerderheid is, met ‘n kerkorde sit wat van ‘n volkskerk praat; iets waarvan hulle egter niks wil weet nie. Daarbenewens is die kerkwapen dieselfde as die van die ou Transvaalse Republiek. Ook dit hoort nie tuis by die vervormde en verwronge Hervormde Kerk van 5 Oktober 2011 nie. Dit sal ook in die slag bly. Soos dit hoort.
Vir daardie wat trou was aan hulle volk en kerk, en hulle nie agter die verraad van die liberaliste wou skaar nie, was die afgelope gebeure ‘n bittere ervaring. Dit was hulle wat die Hervormde Kerk se ruggraat was. Dit was hulle wat aan hierdie kerk aansien gegee het. Hulle is deur ‘n klomp ruggraatlose teoloë verraai wat ter wille van wêreldse erkenning en die liberale tydsgees, heeltemal bereid was om hulle eie kerk te verloën.
Die beswaardes het nou die taak om die ware Hervormde Kerk te herstel. Om waar hulle
Ja, dit is nie diegene wat nou verplig is om ‘n nuwe kerk te stig wat die skeurmakers is nie, maar wel hulle wat die kerk van binne gerysmier het en nou gekry het waarvoor hulle gesoek het.
