Nuus 24 berig só oor die uitspraak in die gelykheidshof: Ek haal slegs enkele sinne aan
GEMENGDE REAKSIE OP 'SKIET DIE BOER'-UITSPRAAK 2011/09/12 11:18:14 PM
Johannesburg – Die sing van die woorde “awudubula ibhuna” (skiet die boer) en “dubula amabhuna baya rapyha” (skiet die boere, hulle verkrag) is Maandag onwettig verklaar, wat tot vreugde onder sommige en mismoed onder andere gelei het.
Woorde is magtige wapens wat tot rampspoedige dade en selfs volksmoord kan lei, het Regter Collin Lamont gesê in sy uitspraak. Hy het beslis dat Julius Malema, leier van die ANC-Jeugliga, se sing van die woorde as haatspraak geld.
Hy het beslis dat die wet op gelykheid, wat toegepas is om die woorde tot haatspraak te verklaar, nie net sekere gedrag wil verbied nie, maar ook ‘n weg tot versoening wil skep. (My beklemtoning)
“Hofbevele moet streng toegepas en gehoorsaam word,” het hy in die Hooggeregshof in Johannesburg, wat as die Gelykheidshof gesit het, gesê.
Die burgerregtegroep AfriForum het die klag teen Malema, wat die woorde verlede jaar by verskeie geleenthede gesing het, ingedien.
Die ANC, wat Malema in sy stryd in die hof ondersteun, het gesê die party is “ontsteld” deur die beslissing. AfriForum was “verheug”.
Malema was nie teenwoordig by die uitspraak nie. Sy woordvoerder, Floyd Shivambu, wou nie sê waar hy was nie.
Die ANCYL het buite die hof, en later in ‘n verklaring, gesê dié liggaam respekteer die hof en sal die beslissing bestudeer voordat hulle enige kommentaar lewer.
Die beslissing het gemengde reaksies ontlok, met politieke partye, vakbonde en organisasies wat dit óf geprys óf veroordeel het.
Cosatu het gesê dit was ‘n “walglike belediging” vir die land se verlede en Numsa het gesê die howe word as ‘n voertuig gebruik om die geskiedenis te herskryf.
Castro Ngobese, woordvoerder van Numsa, het gesê die vakbond behou die reg voor om ‘n politieke en geregtelike benadering te volg in reaksie op die beslissing.
Die Social Movement Against Racist Tendencies (Smart) het gesê hulle sal onmiddellik by Lamont pleit om die gronde vir sy beslissing te verskaf en sal by enige partye aansluit wat daarteen wil appelleer.
“Ons regspan is reeds aan die werk,” het Smart se leier, Panyaza Lesufi, gesê.
Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, het by AfriForum en ander partye aangesluit wat die beslissing gevier het.
“Die kontras tussen die Mandela-benadering ná 1994 en die Malema-benadering van die afgelope jaar het gesmeek om ‘n aanpassing,” het Mulder gesê.
Dit is ook ‘n jammerte dat die ANC nie die kwessie aangespreek het voordat dit voor die hof gebring is nie, het hy gesê.
Die Christen-Demokratiese Party (CDP) het saamgestem dat die ANC van die skuld moet deel, aangesien die party Malema “voluit” in die saak ondersteun het.
Jan Bosman, sekretaris van die Afrikanerbond, het gesê hy glo die beslissing was die eerste stap in die beteueling van rassisme.
Rassisme “van watter kleur en watter aard ookal” moet verwerp word, het hy gesê.
Die Cope Jeugbeweging het die beslissing beskou as ‘n waarskuwing dat politici nie bo die wet verhewe is nie, terwyl die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika (TLU SA) gesê het die beslissing moet aanvaar word.
“Die tyd het gekom om op te hou baklei... en kulturele groepe en [verskillende] rasse te respekteer,” het Louis Meintjies, president van die TLU SA, gesê.
DIE AVP SE SIENING
Die waarde van regter Lamont se uitspraak, en wat hy daarmee probeer bereik het, moet be-oordeel word aan die “gemengde” reaksie en die bronne waaruit dit kom.
Sy beslissing dat die wet op gelykheid nie net sekere gedrag wil verbied nie, maar ook ‘n weg tot versoening wil skep, maak dit tegelyk ‘n instrument om die Afrikanervolk in sy vryheidstrewe te inhibeer en versterk dit die elemente wat poog om ’n nie-rassige samelewing te skep waar die Afrikanervolk sy onwettige onderwerping aan ’n swart, kommunistiesbeheerde, meerderheidsregime moet aanvaar. Jan Bosman, sekretaris van die Afrikanerbond, Mulder van VF Positief en Louis Meintjies, president van die TLU SA, se kommentare is in die lig hiervan, betekenisvol.
Die feit dat die sing van die gewraakte lied onwettig verklaar is, sal niks afdoen aan die wraakgierige gesindheid van die swart ras teenoor die blanke nie. Ons wil ook voorspel dat dit niks sal bydra om die eskalerende geweld van swart teenoor blank te verander nie. Verklarings wat uitgereik is deur die ANC, Cosatu en NUMSA is die bewys daarvan.
Die ontkenning van die onversoenbaarheid van Swart en Wit kultuurverskille is onderliggend aan die voortslepende fisiese en verbale geweld, wat nié deur die gelykheids- of enige ander hof aan bande gelê sal kan word in ’n omgewing van magsdeling, wat staan nog in ’n omgewing waar getalle oorheersing neig na ’n eenparty staat! Met al die geknoei wat in Suid-Afrika aan die orde is sedert die moord op dr. Verwoerd, sal dit glad nie verbaas as daar vorentoe vasgestel word dat die hele aangeleentheid geprakseer was om ’n uitspraak te kry wat Afrikaners se teësin in rasse-integrasie in die doofpot te stop nie.
Sonder ’n strafmaatreël wat tuishoort by ’n oortreding met die potensiaal van volksmoord, is die uitspraak eintlik irrelevant!
