Media

DIE PAD NA ’n PIESANGREPUBLIEK

UIT DIE WOORDEBOEK VAN DIE AFRIKAANSE TAAL

piesangrepubliek s.nw., piesangrepublieke. (dikw. neerhalend) Onbeduidende land wat gew. nie selfversorgend is nie, waarvan die ekonomie grotendeels afhanklik is v.d. uitvoer van vrugte, toerisme en buitelandse beleggers en waarin daar dikw. politieke en ekonomiese chaos heers: Ná jare van ernstige oorskrydings van staatsbegrotings lyk dit soms asof nie besef word dat oormatige belastings die sekerste weg na 'n piesangrepubliek is nie (Tegniek, 24 Jul. 1987, 7). Ons sal binnekort sit met 'n soort para-militêre polisiemag, soos dié van 'n obskure piesangrepubliekie (Volksblad, 2 Jul. 1998, 8).

Die AVP sou eerder in die lig van die onderstaande handelinge van die huidige regime, die woordeboek se verklaring van die betekenis van ’n piesangrepubliek wou aanpas.  Per definisie sou ons die woordeboek wou aanvul deur te sê dat die betekenis van die woord Piesangrepubliek, beskrywend is van dié spesie wat ’n voorliefde vir die vrug van die piesangplant het en as bewindhebbers van ’n republiek, volgens hulle beste vermoë, poog om intelligent voor te kom en dan volgens aard, dom op te tree.  In hierdie proses word hulle ondersteun deur intelligente Homo Sapiens wat weer volgens húlle beste vermoëns, poog om op dieselfde vlak van beskawing as die piesang eters te kom en ’n hele volk te probeer saamsleep!

Die vraag is nou, is Suid-Afrika al ’n Piesangrepubliek?

Vavi waarsku oor 'piesangrepubliek'

2011-06-11 22:17

Johannesburg - Zwelinzima Vavi, sekretaris-generaal van Cosatu, het gewaarsku dat Suid-Afrika 'n "piesangrepubliek" kan word, en gedreig dat hy pres. Jacob Zuma se leierskap sal verwerp, het die Sunday Times berig.

Cosatu sien rooi oor 'korrupte piesangrepubliek'

2011-07-15 23:05

Pretoria – Pres. Jacob Zuma moet vrese besweer dat die land vinnig besig is om in 'n "korrupte piesangrepubliek" te ontaard, het die vakverbond Cosatu Vrydag gesê.

"Bewerings van korrupsie en die misbruik van openbare fondse hoop op," het Patrick Craven, woordvoerder van Cosatu, in 'n verklaring gesê.

Op Praag se webblad.

Dat sommiges kommer het oor tekens van ‘n polisiestaat, verdryf dit steeds nie die tekens van ‘n piesangrepubliek nie. Ook hier speel die Fifa-toernooi dikwels ‘n rol. Vanoggend word berig dat die Mangaung-munisipaliteit steeds hoopvol is dat straatverbeterings voor die Fifa-toernooi afgehandel sal kan wees. Intussen bly die gasheerstad-ooreenkomste wat stede met Fifa moes sluit min of meer ‘n staatsgeheim. Af en toe kruip nog ‘n bepaling soos ‘n wurm uit die blik, soos dat die stede hulle tot boomplantaksies en vullisherwinning verbind het. Die snelbusvervoerdiens loop op taxistakings uit.

Te midde van ‘n stroom plaasmoorde en ander opspraakwekkende moorde gaan dring die kommissaris van polisie in die parlement aan om as generaal aangespreek te word. Heel gepas het die parlementslede dit geïgnoreer. Die land het werklik nie in sy stryd teen misdaad iemand nodig wat soos Idi Amin homself van sersant tot generaal, en toe veldmaarskalk bevorder het sonder dat dit teen enige merieteverwante maatstaf gemeet word nie.

BOEREVRYHEID

Vreemdelinge in ons Piesang Republiek

DIE PAD WAS LANK EN SWAAR!

As die “Struggle” se ontstaan en duurte in ag geneem word, was dit moeisaam en veeleisend in die lig van die bewindhebbers se beste vermoë om binne bereik van ’n piesangrepubliek te kom.  Om ’n Republiek wat eens die sewende mees vooruitstrewende land in die wêreld was te ontrafel om by die “edele” status van piesangrepubliek uit te kom, is weliswaar nie ’n maklike taak nie!

Vir  ’n waarlik intelligente volk soos wat die Afrikanervolk behoort te wees, gesien die genepoel waaruit hy ontstaan het, is dit onbegryplik dat hy sienderoë hom hierin laat verlei het ten spyte van riglyne en leiding in die regte rigting!   Met uitsprake soos van verskeie professore en ander intelligentsia in die afsienbare tyd, kan daar sonder vrees vir teëspraak gesê word dat sedert geleerdheid in die land gekom het, het wysheid tot niet gegaan!  

Sou die vrug van die piesangplant dalk in staat wees om die Afrikanervolk tot nugterheid, en dan dienooreenkomstig tot samehorigheid in verset te bring,……. op die regte wyse?