Die afgelope aantal jare is die Afrikaans-nasionale politiek (die “regse politiek”) ‘n gevoelige knou toegedien deur “leiers” wat onder die dekmantel van die woorde “regs” en “konserwatief”, goedgelowige Afrikaners na links geswaai en die vryheidstryd op dwaalweë geplaas het.Verskeie organisasies en instansies het ‘n sleutelrol hierin gespeel, maar het die geheime organisasie, die Volksbond, waarskynlik die sleutelrol gespeel om dit te bewerkstellig. Dit was immers hierdie geheime organisasie wat op ‘n stadium te kenne gegee het dat die politiek misluk het en selfs ‘n publikasie in hierdie verband die lig laat sien het.
Waar dit beheer word deur hoofsaaklik oud-KP’s was daar dan ook ‘n doelbewuste poging aangewend om die HNP in te sypel en van binne te vernietig toe die KP se eie verraaiersrol in die politiek uitgedien was. Die “wenparty”, soos die KP na homself verwys het, sou vóór 1994 ‘n “volksrepubliek” uitroep met dr Ferdi Hartzenberg as “president”, het dit onderhandelinge met die ANC verwerp en die verkiesings in die nuwe bedeling as “onwettig” beskou. Die “republiek” is nooit uitgeroep nie en na (en selfs vóór) die 1994-verkiesing is in onderhandeling met die ANC en die regime getree en is uiteindelik aan verkiesings deelgeneem. Die “wenparty” het homself vernietig, maar die vernietigingswerk moes voortgesit word; veral vir diegene wat die HNP nie kon vergewe dat die HNP se voorspellings by monde van mnr Jaap Marais deurgaans reg was nie. Daarom moes ook die HNP vernietig word.
In hierdie proses was die geheime Volksbond die ideale voertuig om van agter die skerms die toutjies te trek. Die HNP het hom in die verlede (veral in mnr Jaap Marais se tyd) sterk teen die Volksbond uitgespreek en selfs sy lede lidmaatskap van hierdie verfoeilike organisasie verbied, maar is dit opmerklik dat hierdie kritiek vandag nie meer in die HNP bestaan nie. Bestaan die beletsel op lidmaatskap nog?
‘n Ander instansie wat ‘n sleutelrol gespeel het om die Afrikanervolk na links te krink was Radio Pretoria. Met die ANC-lidmaatskaphouer, mnr Clem de Klerk in beheer, was dit vir ware nasionaliste nie verbasend dat Radio Pretoria op hierdie pad gestap het nie. Hierdie nasionaliste is, toe hulle nog lid van die HNP was, gekruisig toe hulle vir De Klerk tot verantwoording wou roep. Naiëwe HNP-lede was “gemesmeraais” deur De Klerk se opmerking dat hy nog “al die jare” HNP was. Maar dit was vir ingeligtes duidelik dat die bande tussen die Judasbokke in die HNP en Radio Pretoria deur middel van die Volksbond reeds heg gesmee was. Hierdie HNP’s het die polities onkundige mnr Japie Theart vir ‘n kort rukkie na vore gestoot en gebruik om hierdie binding met Radio Pretoria heg te smee, net om daarna ook van hom ontslae te raak. Sy rol was immers toe uitgedien.
Waar hierdie radiostasie vroëer gepraat het dat die “Vierkleur weer sal wapper” en homself as ‘n “vryheidstasie” van die Afrikaner beskou het wat hom beywer het vir die vryheid van die Afrikaner in sy eie vaderland, het dit nou danksy De Klerk, Adriaan Pont en Andries Breytenbach beweeg tot by ‘n punt waar ‘n persoon aangestel is wat klaarblyklik nie sal huiwer om te emigreer as dinge hier te warm raak nie, naamlik mnr Willie Spies. Hierdie voormalige VF-parlementslid en Solidariteit-lakei het nou die leisels oorgeneem. Aanvanklik eers “tydelik”. Spies het in ‘n onderhoud met Rapport dit duidelik gemaak dat daar nie sprake is van ‘n “regse” radiostasie nie, maar dat hy hom sal beywer vir “alle” Afrikaners. Daar moet glo “meer Afrikaanse musiek” gespeel word. Ja,
Nog ‘n organisasie wat op die toneel verskyn het met persone wat nooit voorheen te siene was in regse politieke geledere nie, is die Volksraadverkiesingskommissie (die “VVK”). Soos reeds in verskeie artikels deur die AVP uitgewys is, stel die VVK homself ten doel om met die ANC-regime te onderhandel vir ‘n volkstaat vir die Afrikaner. Niemand weet nog waar dit gaan wees nie. Waar voorgegee word dat dit ooreenkomstig die internasionale reg gedoen sal word, is reeds daarop gewys dit nie alleen ‘n leuen is nie, maar word veral die regse Afrikaner boonop op sleeptou geneem deur ‘n klomp opportuniste wat nie die vaagste benul het waaroor dit gaan nie en bloot hulle eie kandidature bevorder. Wat egter vir ingeligte Afrikaners baie duidelik is, is dat hierdie net nog ‘n poging is om die Afrikaners se opbouende verset deur middel van ‘n weerligafleier soos die VVK in ‘n rigting te stuur wat in die sand sal uitloop. Die mediadekking wat deur die geldmag gesteunde organisasies soos Radio Jakaranda, Media 24 en andere aan die VVK gegee word, is afdoende bewys dat hierdie net nog ‘n Judasbok is wat Afrikanerverset moet laat verwater.
Dat die eens trotse HNP hom laat insleep het by die VVK se proses, moes vir baie ‘n verrassing gewees het. Word die saak egter mooi ontleed, is die rede baie duidelik. Die huidige leier van die HNP het vir baie jare geen aktiewe rol in die HNP gespeel nie. Hy het een of twee keer per jaar by ‘n kongres of vergadering opgedaag en ‘n paar kritiese vrae gevra, net om weer te verdwyn. Hy het verkies om meer aktief by ander organisasies betrokke te wees. Hy het ook verskeie geluide teenoor verskeie persone gemaak waartydens hy die HNP gekritiseer het en is dikwels in bekende Volksbonders se geselskap gesien. Skielik asof uit die niet (en veral met prof Adriaan Pont se steun), het hy HNP-leier geword. ‘n Beter Judasbok
Bogemelde skep op die oog af, ‘n beteuterde prentjie van die Afrikaner-politiek. Die nasionalistiese geledere in die Afrikanervolk is uitgedun. Tyd sal egter die nasionaliste, soos tevore, reg bewys. Hierdie persone sal moet kragte saamsnoer om enersyds die
Die Volksbond en sy agente is meer as net ‘n Trojaanse perd in die Afrikanerpolitiek. Dit het die waarskuwings om hierdie bedenklike onderhandelingspolitiek te staak en in verset teen die onreg van ‘n swart kommunistiese regime te gaan afgelag. Daarom het dit nou die rol van ‘n Judasbok ingeneem waar Afrikaners na die tafel van die vyand gelok word net om daar vir die gek gehou te word, en vernederd na die volk terug te keer met leë hande.
As ons volk dan met krummels tevrede wil wees, luister na die stem van die Judasbok wat aan u “iets” wil bied. Maar as ons volk die roepstem van die Voortrekker, Boer en regte Afrikaner hoor, kom dan in verset – ja ook teen hierdie misleiers in ons geledere – en stap op die pad wat die Bittereinder van u sal verwag om in hierdie dae te stap.
