Media

ONTKENNING IS ONTEIENING

’n Totale Aanslag?

“’n Totale aanslag teen Suid-Afrikaanse beleggers in Mosambiek” skryf Beeld op sy voorblad oor die gewelddadige  besetting deur die weermag en polisielede van die swart  Mosambiek se regering op die luukse eiendomme van blanke Suid-Afrikaners.

Nee, ’n totale aanslag is dit beslis nie.  Hierdie is nog maar bloot net onteiening van mense wat in ontkenning leef deur Afrika as aanskouingsles, nou al jare met minagting te ignoreer  en te midde van die sigbare ruïnes van wat eens 'n vrugbare en vooruitstrewende beskawing was, die swart Mosambiekers teen alle nugter en verantwoordbare politieke ervaring in, vertrou het en inruil daarvoor met met AK 47’s bedreig en met onteiening beloon is!  Dat niemand dood is nie, is voorwaar nie hulle skuld nie!

Materiële verskansing

Dit het by baie Afrikaners mode geword om hulle materiële belange te probeer beskerm ten koste van hulle verantwoordelikheid teenoor hulle volk.  Daaruit vloei die uitvloei na lande buite Suid-Afrika se grense in ’n ontvlugtingsbenadering in teenstelling met die konsolidering van krag in verset teen die onreg wat de Klerk en genote op die Afrikanervolk afgelaai het. 

Daar is sekerlik meriete in die argumente oor misdaad, werkloosheid en algemene verontregting wat die blanke en veral die Afrikaner se vooruitsigte, sy kinders se onderrig en opvoeding en gesondheidsorg ernstig aan bande lê. Daarbenewens word die tempo waarteen ons mense vermoor word en die wreedaardigheid wat daarmee gepaard gaan, daagliks verhoog.

Dit alles in ag genome  is die vraag wat elke Afrikaner vir hom en haarself moet be-antwoord, of onttrekking aan jou volk enige bydrae lewer tot ons voortbestaan en of dit bloot gaan oor die selfsugtige eie belang wat die oorhand gekry het.

Ons moet hier egter onderskei tussen twee verskillende oorwegings.  In die een geval is daar diegene wat heeltemal in ontkenning leef en oortuig is dat blankes saam met swartes in dieselfde bestel kan saamleef al is die swartes in die meerderheid en in beheer.  Dan is daar dié wat besef dat dit nie kan werk nie en glo dat wat ontstaan het sedert 1994, nooit weer omgekeer kan word nie.   Laasgenoemdes verlaat die land en emigreer.

Van die hoë en middelinkomste groep uit die eersgenoemde kategorie, probeer nietemin hulle bates beskerm deur in van die sogenaamde “goedgesinde” buurlande te belê.

Ons oplossing lê egter nie in ontvlugting of in ontkenning nie, want dit lei slegs tot onteiening.   Nie net van ons bates nie, maar ook van ons vermoë, ons selfrespek en uiteindelik van ons volkswees!

Laat dit wat nou in Mosambiek gebeur het ’n vingerwysing wees vir die onderhandelaars, die vredepraters, die brugbouers, die saampraters en veral die deelnemers aan die bestel.  Veral moet die VVK beplanners van hierdie gebeure kennis neem!

Ons het niemand se toestemming nodig om onsself te verskans teen hierdie soort van onreg wat teen die witman gepleeg word nie.  Kom verenig in verset en staan vas in die geloof!  Dawid het nie gevrees toe hy Goliat tegemoet gestap het met slegs ’n slingervel nie!  Hy het ’n vaste geloof in God gehad.