Dit is in die mens se aard om altyd eers te onderhandel voordat tot meer ekstreme stappe oorgegaan word. Daar is baie voorbeelde in die geskiedenis waar onderhandeling geweld voorafgegaan het. Die vraag is vandag dan ook of met die ANC-regime oor ‘n staat vir die Afrikaner onderhandel behoort te word, of nie. Wie is hierdie ANC met wie sekere mense wil onderhandel? Is hulle ‘n vredeliewende organisasie wat ons volk se regte respekteer? Begeer hulle vrede met die witman? Is hulle “deurdrenk” van naasteliefde en vergewensgesindheid? Indien wel, behoort onderhandeling mos nie ‘n probleem te wees nie.
Die waarheid is dat die ANC-regime ‘n oorlog teen ons voer. Daardie oorlog het nie in 1994 geëindig nie. Hulle gebruik enersyds die grondwet (wat deur sowat 86% van die dagblad Beeld se lesers gewantrou word!), en andersyds ander stappe soos misdaad teen die Blankes om die oorlog voort te sit. Dit is die aard en wese van die owerheid wat dink dat hy oor ons regeer.
Onderhandelinge met die ANC is dus ‘n oefening in onderdanigheid – dit is om vrede af te smeek by die einste organisasie wat homself ten doel stel om ons volk te vernietig. Onderhandeling is ook ‘n erkenning dat ons regmatig deur hierdie bose mag regeer word – iets wat nasionaalgesinde Afrikaners nooit sal toegee nie.
Onderhandeling is ook presies wat die vyand wil hê. Daar word immers al voor 1994 onderhandel en na 1994 is die onderhandeling deur Afrikaner-renegate voortgesit. Dit is vanuit die verswakte posisie en verkeerdelike aanname gedoen dat ons nie ‘n ander keuse het nie. Dit het ons volk moreel verswak. Ons glo (onder die gedruis van liberale propaganda) dat ons geen beter reg op ons eie land het nie en geen ander keuse het as om met krummels tevrede te wees nie. Dit dra niks by om ons volk se moreel op te hef nie en sal niks blywends tot stand bring nie.
Terwyl sekere Afrikaners heuning om die mond by die onderhandelingstafel gesmeer sal word, sal die res steeds uitgelewer wees aan die onuitgesproke doel van die vyand, naamlik om ons volk uit te wis. Dit is ons dood wat hul begeer! Die vyand sal deur onderhandeling net verdere tyd wen om sy uitgerekte oorlog van uitwissing en vernietiging teen ons volk te volvoer.
Terwyl die ANC geen veldslag teen ons volk kon wen nie, laat staan nog ‘n oorlog, het hy wel by die onderhandelingstafel nog elke keer teen ons volk gewen. Onderhandeling met ‘n vyand wat ons volk wil vernietig is ‘n daad van lafhartigheid en ontrou. Dit rasionaliseer hierdie laakbare optredes tot “realisme” en as sou dit “in ooreenstemming” met die Volkereg wees. Dit is loutere kaf! Ons het niks vir ‘n onwettige owerheid te sê nie!
Daar is dus sake waaroor geen mens en geen volk mag onderhandel nie. Soos die vryheid van jou volk in sy dúúr gekoopte vaderland. Kyk maar uit vir diegene wat in tye soos hierdie, waar Afrikaner verset aan die opbou is, met die vyand wil onderhandel. Hierdie weerligafleiers is gestuur en betaal, daarvan
