Media

DIE SEGE VAN DIE ENGELSE

Soos onkruid in ’n koringland staan hulle daar!  Die Britse eerste minister en 25 Engelse sakemanne, elkeen met ’n breë glimlag vir die kamera op bladsy twee van die Beeld koerant, vir elke Afrikaner om na te kyk! ’n “Gebalanseerde” samestelling van ’n multikulturele nasie waarvan op die foto drie swartes en twee Indiërs onder die oorweldigende groep blanke “sakemanne” wat Cameron met hom saamgesleep het op tipiese Afrika styl.

Sonder dat hulleself ’n skoot geskiet het poseer hulle vir hierdie simboliese oorwinningsfoto op Suid-Afrikaanse bodem en straal die genot van die oorwinning uit vir almal om te sien.  Wat in hierdie foto ontbreek is egter die gesigte van veral die verraaierkabinet van de Klerk wat hierdie sege vir die Britte moontlik gemaak het.

Onwillekeurig herinner dit ’n mens aan 12 April 1877 toe sir Theophilus Shepstone, onder valse voorwendsels, Transvaal annekseer het in opdrag van die Engelse regering.   Hierdie handeling van die Engelse wat teenstrydig was met die Sandrivierkonvensie  van 1852, waarin die Engelse plegtig die vryheid en onafhanklikheid van die Zuid Afrikaansche Republiek gewaarborg het, was tekenend van die inherente oneerlikheid van die Engelse, soos wat hierdie foto van gister, vandag nog getuig en môre nog sal uitbasuin dat die Engelse onbetroubare en meedoënlose imperialiste is wat net hulle strategie verander het maar nie hulle gevoellose oneerlikheid wat geen respek vir die lewe van ander volke het nie!

Dit was na die vredesluiting van 13 Mei 1902, dat die Boerehater, Alfred Milner gesê het: “The South African struggle continues. It is no longer war with bullets, but it is war still”.  Dit is hierdie oorwinning sonder “bullets”, wat Cameron en sy “sakemanne” so uitbundig laat poseer in Beeld.

Hierdie “sakebesoek” van Cameron kry perspektief as die berig in Beeld ’n bietjie nader bekyk word.  Die berig lui dat Cameron tydens die mediakonferensie sê dat hy en Zuma dit eens is dat Ghaddafi van sy mag afstand moet doen en dat die Europese Unie se lugaanvalle op Libië sal ophou sodra Ghaddafi ophou om sy eie mense aan te val.  “Dit is geen geheim nie dat ons verskil oor hoe ons moet reageer op die geweld in Libië nie.” Aldus Cameron.  Soos Lord Carnavon in sy gesprek met Paul Kruger oor die anneksasie van Transvaal, kom betuig Cameron Engeland se aanmatiging om te besluit oor die binnelandse aangeleenthede van ander lande waarin hulle sal en mag ingryp wanneer dit in hulle belang geag word.

Cameron se opmerking dat hy sy besoek in Suid-Afrika begin het omdat hy dit as die poort na Afrika beskou, is betekenisvol.  Die opening van die poort  waarna hy verwys is die verwydering van die Afrikaner as regeerders van Suid-Afrika met die hulp van die Engelse regering en Afrikaner verraaiers, en as plaasvervangers, swart kommuniste wat in Engeland opleiding ontvang en herberg voorsien is toe hulle hier moes vlug vir vervolging as gevolg van hulle terroriste bedrywighede.

Soos al sy voorgangers, John Major, Tony Blair, Gordon Brown, en wat begin is met die Koningin van Engeland, het elkeen van hulle ’n versoek ontvang om in die lig van Brittanje se reeks oorlogsmisdade waarvoor hulle sommige volke om verskoning gevra het, ook aan die Afrikanervolk verskoning aan te bied.  Dit het tot vandag toe nie gebeur nie.  David Cameron het hom nie eers verwerdig om te antwoord op die versoek, ten spyte daarvan dat aan hom ook foto’s  gestuur is van blanke slagoffers wat op die wreedaardigste wyse hier vermoor is deur die nuwe bewind wat deur die Britte gehelp is en nou hartlik ondersteun word.  Die minagting wat deur hierdie Engelse afvaardiging teenoor die regmatige eienaars van die Republiek van Suid-Afrika demonstreer word deur slegs met mensemoordenaars en kommuniste hier te vergader, is bewys van hulle verrotte samestelling en opportunistiese en onchristelike ingesteldheid.

David Cameron se noue verbintenis met Andy Coulson wat daarvan verdink word dat hy by die meeluisterskandaal wat huidig in Engeland op die voorblaaie van elke koerant pryk, word in sy boek Cameron on Cameron, bls. 159 só bevestig:  “If he (Cameron) thinks of an idea that needs to be worked up or could be fed to the press, he immediately gets onto the phone, explaining it to Steve Hilton or Andy Coulson.”

Die gebrek aan moraliteit by die Engelse in hulle omgang met ander volkere in die algemeen maar met die Afrikaner in die besonder, sal nie ongestraf verbygaan nie.  Die verval in Engeland word bevestig deur die gehalte van hulle eerste minister, as dit die beste is wat Engeland kon oplewer.  Hulle verval kry daarmee momentum op ’n glybaan na totale uitrafeling.