Media

MONSTERS IN DIE SKOLE

In Rapport van 17 Julie 2011 verskyn ’n berig met die opskrif:  “Godsdiens in die skole gaan monster skep”.  Dit bring my dadelik ook by ’n ander bespreking of debat as u wil, wat ook op die voorblad van dieselfde Rapport verskyn wat die opskrif het: “Breyten: praat eerder as slaan”

Waar lê die oorsprong van beide hierdie gebeure, naamlik die links liberales se vermetelheid om Afrikaners te beledig en te beskuldig wat trou is en wil bly aan hulle volk, hulle volk se lewens-en-wêreldbeskouing, hulle volk se godsdiens, hulle volk se onderwysstandaarde, hulle volk se kultuur en taal en veral hulle volk se eiesoortigheid, en tweedens dan die ontstaan van stryd teen godsdiens in die skole?

Die stelling in Rapport se kommentaar dat die doel van die debat om die teenstellende standpunte behoorlik te probeer deurgrond sodat ’n eie ingeligte mening gevorm kan word, stuur onmiddellik die debat weg van die oorsaak wat tot die bo-vermelde gebeure aanleiding gegee het, naamlik verraad waarvan die definisie  trouelose handeling, troueloosheid, sameswering is!

 As Breyten Breytenbach dan wil praat en Rapport geen begrip toon vir die verwerplikheid van die oorsaak van die ellende waarin Suid-Afrika verval het nie, waaroor moet daar dan gepraat word?   Oor ’n Nuwe betekenis vir ontrouheid?  Die regverdiging vir argeloosheid teenoor diegene van wie geliefdes reeds begrawe is, verkrag is, sonder werk sit?  Moet ons debat voer oor die moontlikheid vir plek in die samelewing vir troueloosheid terwyl eeue se harde werk, kundigheid en goeie oordeel in ’n bodemlose put gestort word met géén vooruitsig op enige verbetering of toekoms vir ons kinders, soos wat ons gehad en vir elke ander volk beskore was wat wou werk onder blanke regering?

Waarom praat julle nie met die oorwig van swartes wat besig is om met niks anders dan geweld Suid-Afrika te plunder nie?  Hoeveel praatsessie is agter die rug tussen die regime se praters en die van die TLU en Agri SA en wat is daardeur bereik?

As Abel Malan se politieke geesgenoot, Paul Kruger bereid is om bestempel te word as: “Julle is ’n klomp mal idiote, kom onder ons uit en gaan sit op Putsondergat….” Dan sê die AVP, ons is nie mal nie, ons is nog minder idiote en ons sal nie na “Putsondergat” verdryf word nie omdat hierdie land die Afrikanervolk se land is!

Ons verkeer slegs in hierdie uitsiglose en benouende toestand as gevolg van trouelose Afrikaanspratende mense wat in die verlede met ons volk se bates vertrou is en daardie vertroue nie waardig was nie.  Optredes soos die van Breytenbach en Anton van Niekerk bewys steeds hulle ontrouheid deur middel van uitspraak en optrede asook die organisasies waarin hulle betrokke is en/of ondersteun.

As gelowige volk het ons in die verlede telkens ons vryheid teruggekry nadat dit onregmatig van ons weggeneem is.  Ons sal dit wéér terugkry omdat die God wat ons dien nie ongeregtigheid en ontrouheid gedoog nie.  Dit is op Hom wat ons ons beroep omdat ons vertroue op Hom gevestig is.   Daartoe roep ons elke gelowige Afrikaner op!  Géén debat of enige gesprek met troueloses en ongelowiges hou enige voordeel in vir die Afrikaner in sy vryheidstryd nie maar wel uitgerekte en toenemende ellende indien nie totale uitwissing nie.

Hans Pietersen sê in die berig oor die skole wat monsters skep deur godsdiens in die skole te behou, dat dit hom verstom dat Afrikaners bereid is om hof toe te gaan vir hulle minderheidsregte maar tevrede  is met situasies waar hulle die meerderheid is en ’n enkele Moslem kind in ’n klas byvoorbeeld blootgestel word aan ’n onderwyser wat kinders vra om hulle hande op te steek as hulle nie in Jesus glo nie.

Dít, Hans, is nie die Afrikaner se fout nie, maar wel die integrasioniste sin!  As julle julle hande van ons  skole afgehou het sodat ons kon voortgaan met ons Christelik-Nasionale Onderwysbeleid aan Afrikanerkinders, wat ons erns is, sou dié “enkele” Moslem kind nie haar heidense behoefte as ’n skuldlas op ’n meerderheid Afrikaner kinders kon aflaai nie!  Dié soort debat is egter sinloos daar niemand hier gaan toegee nie en die minderheid altyd skade sal ly!

Afsonderlike ontwikkeling waar elke volk binne sy eie grondgebied homself regeer volgens sy eie aard en behoeftes, is die enigste oplossing.  Vra gerus aan David Cameron, die eerste minister van Engeland wat vandag in Suid-Afrika aangekom het om behalwe met een blanke, Rob Davies, slegs met swartes kom onderhandel, waarom hy die mening uitgespreek het dat multikulturalisme gefaal het en aan die onderbou sit vir die Moslem ekstremisme in sy land.