In 1956 het Harm Oost ‘n boek geskryf met die titel Wie is die Skuldiges? Die rede daarvoor was, soos hy dit self gestel het om uitvoering te gee aan ‘n “opdrag” wat generaal Christiaan de Wet aan hom gegee het meer as dertig jaar tevore. Want die nageslag moes die waarheid weet.
Generaal de Wet het in 1925, kort voor sy dood vir Oost gesê:
“Doen geregtigheid, maar bly Afrikaners… Jy moet sorg dat die nageslag volgens waarheid ingelig word oor die dinge wat ons saam deurleef het.”
Daardie waarheid was dat generaals Louis Botha en Jan Smuts die skuldiges was wat bloed op hulle hande gehad het in die Rebellie van 1914. Hulle het nie net hulle rug op hulle volk gedraai nie, maar die noodwendige en logiese stappe gedoen wat op volksversaking volg, naamlik om op hulle eie mense te skiet en hulle eie mense te verneder. Smuts het selfs sover gegaan om vir Jopie Fourie op 20 Desember 1914 te laat skiet, ondanks die smeekbedes van duisende Afrikaners. Dit is wat gebeur wanneer jy jou rug op jou volk draai.
Vandag
Het dit vandag enige nut om ons te verknies oor wie skuldig is? Moet ons nie maar net daarvan vergeet en ons kragte inspan om ons vryheid te verseker nie? Die antwoord daarop is eintlik baie eenvoudig. Ons kinders moet vandag weet wie die helde van 1994 en daarna was en wie ons volk verraai het. Ons kinders moet hulle
Soos gesê is, indien jy nie weet wie jy was nie, sal jy ook nie weet wat jy is en ook
Afrikanernasionalisme smag na hardehout in ons volk. Mense van karakter wat sal opstaan teen hierdie onreg. Hulle sal self die wind van verandering wees wat die vlamme weer hoog sal laat brand in hierdie land. Maar daardie nasionalisme setel nie in hulle wat hierdie stelsel “wil laat werk nie”. Wat deelneem aan enige wetgewende, laat staan nog uitvoerende, prosesse nie. Of met die regering onderhandel nie.
Dit setel in hulle wat rebelleer teen hierdie stelsel. Regte Afrikaners smeek nie by die vyand vir ‘n eie land nie. Onderwerping aan hierdie stelsel stel geen vryheidsdrang daar nie. Daar moet ‘n skeiding van weë kom tussen hulle wat iets “beters” vir die Afrikaner wil beding “binne” hierdie stelsel en hulle wat hierdie stelsel met oorgawe verwerp en beveg. Met laasgenoemdes
Die bloed van derduisende Afrikaners wat sedert 1994 gesterf het - meer as in ons ganse geskiedenis voor 1994 - roep om vergelding, nie om versoening nie. Daardie “dag van rekenskap” snel op ons af, of ons dit wil weet of nie. Op daardie dag sal nog gesien moet word waar Solidariteit en die Vryheidsfront staan. Want dan sal hulle moet kies tussen die Grondwet en hulle volk.
Daar is een gawe wat ons moet besit in hierdie stryd. Dit is die gawe van onderskeiding. Daar is ‘n maklike manier om vas te stel wie vertrou
