Die stakings wat begin het by ingenieurs- en metaalbedryf en nou uitbrei na nagenoeg 170 000 werkers van die Chemiese, Energie, Papier, Drukkers, Hout, and Allied Workers Union (Ceppwawu) en die General Industries Workers Union of SA, eis ’n minimum loon van R6,000 per maand en ’n 40-uur werksweek. Die vakbondfederasie, Cosatu, sê indien werkgewers in die metaal-en ingenieursbedryf nie 'n aanvaarbare aanbod op die tafel plaas nie, sal hulle vra vir solidariteitsoptrede. In die Wes-Kaap sê Cosatu ook dat die staking onbepaald sal voortduur. Aanlegte sluit namate die staking in die ingenieurs- en metaalbedryf na motoronderdele-fabrieke oorspoel en aanrandings en intimidasie vind vry algemeen feitlik oral plaas.
'n Woordvoerder van Numsa - Castro Ngobese - sê optogte sou 'n rukkie gelede ook in die Vrystaat en Noord-Kaap gehou word, terwyl NUMSA ook besig is met samesprekings oor loonsverhogings.
Solidariteit se toetrede Donderdag tot die staking met sy 6 000 petroleum werkers, het die potensiaal van die kollektiewe effek van die landwye staking aansienlik verhoog.
As direkteure van maatskappye in hierdie klimaat van struikelende ekonomië hulle inkomste met 81% verhoog teenoor die vorige boekjaar, soos wat van Sasol se direksie in ’n verklaring bekend gemaak is deur Dirk Hermann, is staking sekerlik geregverdig aangesien dit tussen 13 en 21 keer so hoog as die inflasiekoers is.
Zuma is reg as hy sê dat geld ’n siekte geword het maar dié siekte is egter nie beperk tot die ANC nie, hoewel hy wat Zuma is dit ingelui het met die sogenaamde Wapenskandaal. Korrupsie van miljarde van swaarverdiende belastingbetalersgeld wat na hooggeplaastes se sakke vloei, het kits miljardêrs opgelewer terwyl die gewone man in die straat toenemend rede vind vir stakings as gevolg van gebrekkige dienslewering.
Wat egter ingedagte gehou moet word, is namate brandstof opraak by vulstasies as gevolg van vragmotors wat geraak word deur die stakings, sal kole vir die kragstasies ook opraak en mag dit kragvoorsiening raak. Maak dus seker dat u in staat sal wees om sonder elektrisiteit klaar te kom vir ingeval die stakings nie betyds onder beheer gebring kan word nie.
Daar is ook onbevestigde berigte van blankes wat aangerand en selfs gedood is wat gaan werk het en deur stakers aangeval is.
Die moontlikheid dat die stakende hordes tot geweld kan oorgaan is nie vêrgesog nie en sal u nie ’n fout maak om uself voor te berei om uself en u geliefdes te beveilig en te beskerm nie. Daar is oorvloedig bewys dat die regime nie sy verantwoordelikheid teenoor veral die blanke burgers van die land kan of wil nakom nie.
