Die hernieude aanslag op die beleid van apartheid vanuit die kerke deur links-liberale predikante in toonaangewende posisies in kerkvergaderings en sinodes, laat by gewone gelowiges ernstige twyfel ontstaan oor die geloofwaardigheid van die kerk.
DIE VROË KERK
In Suid-Afrika was die liberale kommissaris de Mist in 1804 waarskynlik die belangrikste oorsaak van ‘n sinodebesluit in 1857 dat gelowiges uit die heidendom hulle “christelike voorregte in ‘n afsonderlike gebou of gestig sal geniet” De Mist wat volgens die gees van sy tyd van “vryheid, gelykheid en broederskap”, die kerk genoem het, genootskap van gelykgesindes”, met ‘n bepaling dat elke kerkgenootskap aan elkeen vrye toegang verleen tot sy byeenkomste, se optrede het direk ingedruis teen die skeidingsbeginsel.
Ds H.J.Boshoff verwys na die boek van Nico J. Smith, “Elkeen in sy eie taal” waarin die beskrywing van die omhelsinge van die beesmisbesmeerde Hottentot-broeders van die blanke susters ,ernstig aanstoot gegee het. Daar is verder ge-oordeel dat gedwonge gesamentlike by-eenkomste alleen die saak van Christus sou skade aandoen en dat afsonderlike dienste die goeie orde sou bevorder. Aangesien die versoek vir afsonderlike dienste van die kleurlinge afkomstig was, was daar dus ook geen skuldgevoel by blankes oor dié besluit van 1857 nie.
Daar was destyds dus nie sprake van onchristelike of liefdelose gesindheid soos wat nou deur veral kerklikes aan die beginsel van afsonderlikheid gekoppel wil word nie, maar ‘n spontane en natuurlike proses op die sosiaal-maatskaplike terrein wat in die Kaap ook na die kerk deurgewerk het. ‘n Terugkeer vanuit die dwaling van gesamentlike aanbidding, na die oproep in 1 Kor. 7:20: “Laat elkeen in die roeping bly waarin hy geroep is”
Die onderskeiding van wit, swart, bruin, ens., met eie taal en eie kultuur, was God se wil en nie mensgemaak nie!
SEDERT 1948
Het elke sinodesitting daarop aanspraak gemaak dat hulle deur die Gees Van God gelei was in die besluite wat geneem is. So het die NG-Sinode van 1986 ook aanspraak gemaak dat hulle deur God gelei was, soos ook die Hervormde kerk wat nou apartheid verwerp en die APK wat in sy mondstuk, Die Boodskapper oor apartheid sê, Dink weer! Die vraag wat ontstaan is waarom sou God vir soveel jare die beginsel van afsonderlike ontwikkeling toelaat en nou as ’n euwele beleid verwerp? Wat ernstig pla is waarom die Liberalisme en Kommunisme glad nie in die Kerk se visier kom nie, maar slegs apartheid.
LIBERALISME
Afgelei van die Latynse woord Libertas wat vryheid beteken, was die term in die 1800’s slegs gebruik om die teenpool van slawerny aan te dui. Dit was egter nie lank voordat radikaliste en sosialiste die woord Liberté en Liberty ’n politieke konnotasie gegee het deur dit aan te wend vir alles wat volgens hulle siening verander moes word en wat selde met ware vryheid verband gehou het.
Dit was dus onvermydelik dat die liberalisme se eindbestemming die kommunisme sou wees met die kreet van gelykheid, vryheid en broederskap! ’n Samevatting van verskillende definisies van liberalisme, stem op twee punte ooreen naamlik dat die liberalisme al die klem op die mens en sy reg om vry te wees en tweedens naas sy strewe om vry te wees, geen beginsels wat ’n bepaalde lewensbeskouing vooropstel nie.
Veral as gevolg van die afwesigheid van beginsels het die liberalisme vir verskillende mense verskillende betekenis gehad omdat dit gewissel het met veranderde omstandighede. So definieer ’n Engelse ensiklopedie ’n “radical”: “In English politics, a supporter of the more extreme section of…….. the Liberal Party, terwyl ’n Nederlandse ensiklopedie sê: “In de politiek noemt men radicalisme de linkervleugel van het liberalisme. Het politieke radicalisme trekt de consequentie uit de democratische beginselen: het streeft naar de verwezenlijking der gelijkheid.
Behalwe die radikalisme, is ook die Humanisme, waar die mens die middelpunt van alles is, teenoor die Cristelike geloof waar God die middelpunt is, net soos die sosialisme, onlosmaaklik vervleg met die liberalisme. Die vryheid wat die Hervormers onder leiding van die Calvinisme vir die gelowige ge-eis het, was hoofsaaklik godsdienstig van aard en het waarlike vryheid as oogmerk gehad. Vryheid om God te dien volgens Sy Woord, terwyl Jean Jacques Rosseau, wat ’n groot kampvegter vir die vryheid van die mens was, maar sonder enige godsdienstige oorwegings, die gewelddadige dood van duisende mense tot gevolg gehad het.
Om die invloed van die Sosialisme op die Liberalisme die beste aan te toon sodat die leser dit kan herken in die ontplooiing nou hier in Suid-Afrika, lys ek ’n definisie van die Sosialisme uit Encyclopedia Britannica, bl. 888. “Socialism is a body of teaching and practice resting upon the belief that most social evils are due to excessively unequal distribution of material resources and that these evils can be be cured only by the transference, gradual or immediate, total or partial, of the ownership or property and of the means of production and distribution from private to public control”.
KOMMUNISME
Sedert 1994 word Suid-Afrika deur Nelson Mandela, Thabo Mbeki, en huidig Jacob Zuma, drie top Kommuniste regeer met die Freedom Charter as bloudruk, opgestel deur die Kommunis Joe Slovo en wat volgens haar eie openbare verklaring onderskryf word, mev. Helen Zille, as die Kommunistiese regime se hoof opposisie!
Ek haal aan uit Geopende Deure:
Tussen 1917 en 1976 het die Kommuniste,
60 miljoen Russe in die Russiese rewolusie om die lewe gebring
40% van hulle is tereggestel deur Kommunistiese amptenare
66 miljoen is ingekerker in tronke en konsentrasiekampe (Ten minste die helfte van hulle was Christene)
Volgens die Internasionale Rooikruis is minstens tien miljoen mense huidig in Sowjet konsentrasiekampe en tronke vir godsdienstige oortredings.
Daar is meer as vyfhonderdduisend politieke en godsdienstige gevangenes in Viëtnam.
In Afghanistan het die Rooi leer sedert 1979 meer as een miljoen lede van die bevolking uitgewis. Vroeg in 1985 is 1800 kerke in Ethiopië deur Marxiste gesluit.
In ons land is sedert 1994 meer as 400,000 moorde gepleeg en is daar nie ’n enkele lewensterrein wat nie besig is om met rasse skrede te verval tot op die rand van anargie nie! En die Kerke swyg in al elf tale so oorverdowend dat net die koorsang in harmonie met die media oor apartheid, gehoor kan word!
DIE KERKE
Wanneer die kerke apartheid aanval om die wêreld ter wille te wees terwyl die euwels van die Kommunisme, met sy karperde die Humanisme, Radikalisme, Sosialisme en Liberalisme ons laat verval in toegewings aan Homoseksualisme, Aborsie en ander euwels soos die bevraagtekening van Bybelse waarhede, kom die Kerk sterk onder verdenking en versaak hy sy verantwoordelikheid.
Dit het tyd geword dat die Afrikanervolk soos die Waldense van ouds, die kerk sal moet verlaat terwille van die behoud van die suiwer Woord van God indien die Kerk op hierdie pad van aftakeling en verwêreldliking wil voortgaan! Hoewel goedgelowige lidmate nog nie openlik as gevolg van hulle geloof vermoor word nie, is die dekadente invloed op die Afrikanervolk se lewens-en-wêreldbeskouing vanuit sommige Kerke alreeds onberekenbaar.
