Media

WAT VERSTAAN ONS NIE VAN DIE AANSLAG TEEN ONS NIE?

As ‘n vyandelike mag daarop uit is om jou te oorwin en al sy hulpbronne en kragte vir die doel inspan, verkeer hy in ‘n staat van oorlog met jou; en jy, tensy jy aan oorgawe dink – verkeer in oorlog met hom. Verder - tensy jy aan verraad dink – sal jou doel, soos syne, wees om die oorwinning te behaal. Nie “vrede” nie, maar oorwinning.        Senator Barry Goldwater, VSA

Die woorde hierbo is ‘n waarheid wat nie een van ons kan ontken en kan ontkom nie. Die vraag wat elkeen homself moet afvra is of hierdie woorde werklik ter harte geneem word. Wanneer mens sien wat sekere Afrikaner organisasies aanvang in die naam van stryd, weerstand, verset en protes, is die vraag egter of hulle werklik die aard van die stryd verstaan.

Die ANC-regime wil, as pionne van die geldmagte, ons volk vernietig (oorwin). Hulle wend al hulle kragte en hulpbronne (insluitende die Grondwet) vir hierdie doel aan. Hulle is dus in ‘n staat van oorlog met die Afrikaner. Die vraag is of ons dit met gepaste teenoptrede beantwoord. Verkeer ons ook in ‘n staat van oorlog met die ANC? Indien nie, dan bedink ons mos oorgawe.

 

Verder weet ons dat die ANC ten doel stel om ons as volk te oorwin (verkneg en vernietig). Wat is ons doel in hierdie stryd? As dit nie is om te wen nie, bedink ons mos verraad. Want “vrede” met iemand wat jou wil oorwin, verkneg en vernietig is nie ‘n opsie nie. Dit is in elk geval nie ‘n opsie vir die ANC nie.

 

Wanneer Afrikaners met die ANC wil onderhandel, bedink hulle onderwerping, vrede, verknegting, dienswilligheid – ja, alles behalwe oorwinning. Of dit nou is vir beter dienste, lewenstoestande, ‘n volkstaat, of wat ookal, feit is, dit is ‘n daad van oorgawe. Want die ANC het te midde van alles steeds net een voorneme – om die Afrikaner te oorweldig en te vernietig. Hy mag  anders verklaar en voorgee in die openbaar, maar sy dade spreek tot die teendeel.

 

Daarom, dink weer as jy en jou organisasie op watter wyse ookal met die ANC in gesprek wil tree oor iets minder as dit waarop jou volk geregtig is. Jy mag nie daarvan hou nie; jy kan erg beswaard wees oor die aantyging; jy kan raas en jy kan skreeu, maar die feit is jy is besig met verraad.

 

As ons volk met die tweede beste tevrede wou wees, sou hy lankal van die aardbol gevee gewees het. Dit is juis omdat ons nie met die krummels wou leef nie dat ons elke aanslag teen ons oorleef het. Die ANC sal die onderhandelaars aan die praat en aan die raai hou, en intussen met sy vernietigingswerk voortgaan. Vir daardie Afrikaners wat egter trou wil bly aan die voorbeeld van ‘n Boerevolk wat alles feil vir hulle volk en land gehad het, sal ‘n stryd vir enigiets minder as ons Godgegewe erfenis nooit ‘n opsie wees nie.