Die Volksraad Verkiesingskommissie (VVK) het onlangs aangekondig dat hulle ‘n projek loods om vyf miljoen rand in te samel vir die beoogde volksverkiesing later vanjaar. Die AVP het reeds verskeie male gewys op die futiliteit van hierdie verkiesing en wat daaruit gaan voortvloei en ook dat dit neerkom op ‘n versaking van Afrikanernasionalisme. Wat die VVK beoog, trek ‘n streep deur die Blanke en die Afrikaner se aanspraak op wat voorheen bekend was as Blank Suid-Afrika. Die volksraad wat deur die VVK se verkiesing verkies gaan word stel in die vooruitsig om met die huidige SA-regering te onderhandel oor ‘n eie staat vir die Afrikaner.
Daardie staat se ligging en grootte sal onder meer bepaal word deur die onderhandeling self, asook natuurlik die aantal mense wat aan die VVK se verkiesing deelgeneem het. Dus, selfs al word die beginsel probleme en ander argumente met die aangeleentheid vir ‘n oomblik eenkant gelaat, is dit ‘n baie gevaarlike oefening, want sou slegs ‘n paar duisend Afrikaners aan hierdie verkiesing deelneem, sal hierdie volksraad vir ‘n baie klein staat kan beding. Die paar duisend misleide Afrikaners wat vir hierdie slenter van die VVK gaan val, is tot nou toe duidelik salig onbewus hiervan!
Op die webwerf van die VVK word die vraag gevra of die eis van hierdie verkose volksraad vir selfbeskikking vir die Afrikaner in ‘n
Die HNP het tot dusvêr hewig ontken dat hulle deelname en ondersteuning van die VVK se planne neerkom op die versaking van die HNP-standpunt wat nog al die jare gehandhaaf was, naamlik dat daar geensins met die huidige ANC-regime onderhandel sal word oor die Afrikaner se toekoms nie, en dat die HNP die huidige regime as onwettig beskou. Tog het die HNP nou geen probleem daarmee om hierdie proses van die VVK te onderskryf nie, waar van sy lede kandidate is vir die volksraad en daar d.m.v. hierdie volksraad wel met die huidige regime (regering) en parlement onderhandel gaan word vir ‘n volkstaat vir die Afrikaner.
Die vraag aan die VVK en die HNP is dus baie eenvoudig: Hoe lank nog gaan julle Afrikaners bedrieg en boonop hulle geld (miljoene?) vermors op ‘n proses wat geen hoop op sukses het nie, afstand doen van elke regmatige aanspraak van ons volk deur sy ganse bestaan, en boonop die Afrikaner net verder voor sy vyande verneder?
Die HNP word in alle erns opgeroep om hierdie saak te heroorweeg in belang van ons volk en sy aanspraak op ‘n land wat ons by niemand afgebedel het en ook nie in die toekoms mag afbedel nie! Luister na die stem van oom Jaap en keer terug na die suiwer pad van Afrikanernasionalisme!
