Deur B Kloppers
Die eerste vraag wat ontstaan, is waarom die Hervormde Kerk nou apartheid tot sonde wil verklaar. Die afleiding word gemaak dat hier iets sinistêrs agter skuil. Op die Algemene Kerkvergadering van 2010 is versoek dat die besluit oor apartheid in die lig van “teologiese besinning verstaan moet word.” Dit laat die indruk dat hulle daarvan bewus is dat hulle historiese en politieke vertolking en beredenering onvoldoende is, maar deur apartheid as sonde af te maak begeef die Kerk hom juis op die party- politieke terrein en skaar hy hom by die koor van die vyande van die witman in Suid Afrika; in besonder teen die van die Afrikaner.
Die oorheersende indruk wat geskep word, is dat daar binne die NH Kerk (kerkleiding?) ‘n groepering is met die vooropgestelde doel om die kerk te skeur. Die indruk word versterk deur die spreekbeurt aan ‘n liberale voorloper uit die NG Kerk en die teenwoordigheid van individu/individue uit die buiteland.
Dit is ‘n ou praktyk wat deur revolusionêres gebruik word om hulle vóór praters onder die akademici te vind om die kommunistiese idees aan die publiek te smous. In sy boek “The Conspiracy Against Apartheid” skryf Berentemfel: “Liberals”, Lenin’s “useful idiots “ have contributed to the success…..from their position within the academic structures, THE CHURCH and the media to form public opinion ….”
Waarom die aanslag teen apartheid? Waarom is dit nie gedefinieer nie? Waarom moet apartheid in die lig van “teologiese besinning” verstaan word. Volgens die Algemene Vergadering “erken ons daarmee dat tye en kontekste verander”-daar word nie aangedui wat verander het en wat die nuwe “konteks” is nie.
Posoni skryf in sy standaard werk “A Century of Conflict” :”Deception is an
important negotiation technique. Communist objectives should be camouflaged, the opponent deceived as to these objectives.”
Wat is die “objectives” van die anti-apartheid voorpraters? Wat is dit wat ge “camouflage “ moet word? apartheid is verby ons ervaar nou die teen-kant van apartheid- “Skiet die Boer”, ”One bullet one Settler”, plaasmoorde…..
Die waarskynlike “objective” is om by die WARC aan te sluit en die voorwaarde vir die aansluiting is dat die NH Kerk apartheid tot sonde moet verklaar. In hierdie geval betree die anti- apartheid voorpraters die politieke terrein aangesien die WARC deel is van die American National Council of Churches, die British Council of Churches wat die hoofkomponente form van die WRK (Wêreld Raad van Kerke) wat Bybelse beginsels van agter die Bybel beveg. Wat Christenskap met menseregte gelykstel (deur die toelating van die Russies Grieks Ortodokse in 1961 het die kommuniste hulle greep op die WRK verkry veral deur die WRK se aanvaarding van menseregte.) Menseregte/Freedom charter vir S A is opgestel deur Joe Slovo en word steeds gebruik in die opleiding van revolusionêres
Deur die verwerping van apartheid word die Handves van Menseregte aanvaar en vereenselwig die Kerk hom met die huidige bestel in Suid Afrika; ‘n regering deur kommuniste en anti-Christe en stel hy hom op direk teen Jesus Christus
Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering lewer op 25 Januarie 1989, kommentaar op die regering se aangestelde Regskommissie oor die Handves van Groeps-en Menseregte, onderteken deur D J C van Wyk en J C de Lange waarin ten slotte verklaar word: ”Die voorstelle van P. 58 (projek 58) beide ten opsigte van die inhoud van baie van die artikels van menseregte en die wyse waarop dit beskerm moet word, is egter vir die Kerk ten enemale onaanvaarbaar. Die geskiedenis toon dat menseregte selfs in lande met ‘n homogene bevolking net met stryd uitgevoer kon word; ook dat die Derdewêreld menseregte as ‘n politieke knuppel en revolusionêre vlag gebruik. In Suid Afrika met sy uiters heterogene bevolking is P 58 ‘n resep vir stryd en revolusie”
Op 25 Junie 1989 tydens sy Algemene Kerkvergadering reik die NH Kerk ‘n verklaring uit aan die Regskommissie oor lg se hantering van die standpunt van die NH Kerk, en lui die konklusie van die NH Kerk as volg: “In die lig van bovermelde kommentaar vind die NH Kerk die Rapport van die Regskommissie oor Groeps – en Menseregte onaanvaarbaar.”
Hierdie beleidsdokument wat tot voor 1994 in Suid Afrika verbied was, is nou die amptelike beleid-dokument van S A en opgeneem in die grondwet. Hierin is geen verwysing na God nie. (Sien paragraaf 3.1 van die NH Kerk kommentaar 31 Augustus 1989)
“Deur die die verwerping van apartheid en die aanvaarding van menseregte as deel van hulle Kerk en Samelewing het die NG Kerk reeds geskeur en gelei tot die stigting van die APK
APARTHEID EN DIE WAARHEID
Die gebruik van die woord apartheid om ‘n bepaalde politieke beleid in verband met rasseverhoudings aan te dui, was nie ‘n uitvindsel van die Nasionale Party na die oorwinning in 1948 nie. Dit is ‘n vertaling van die politieke filosofie wat lank voor 1948 gangbaar was in die Engelse samelewing in Suid Afrika en wat verkondig is as “The policy of separateness”. In Engels bestaan die woord “apartness”, waarvan apartheid ‘n regstreekse vertaling is.
Enige denkende persoon moet homself/haarself afvra waarom die Engelse pers wat normaalweg die gebruik van Afrikaanse woorde vermy, verkies om apartheid nie te vertaal met “separateness” of “apartness’” nie
Die redes is klaarblyklik, enersyds moet die beleid wat daarmee genoem word, as afskuwelik voorgestel word. En omdat dit ‘n Afrikaanse woord is, moet die afskuwelikheid regstreeks afvryf aan die Afrikaanse taal en die Afrikaner volk.
Die aanval op apartheid het dus uit die staanspoor veel meer verteenwoordig as verset teen ‘n beleid van erkenning van rasse-onderskeid. Enige beskouing van die stryd teen apartheid wat nie daarmee rekening hou nie dat dit wesenlik ‘n stryd teen die Afrikaners is, vat die grootste deel van die werklikheid mis.
MENS KAN NET WONDER WAAROM DIE NH KERKLEIDING DIE VRYDENKERS BINNE HULLE GELEDERE TOELAAT OM VANUIT DIE GESELSKAP VAN DIE SONDAARS VAN DIE KUMMUNISME (DIE WRK EN SY MEELOPER DIE WARC) EN DIE TOLLENAARS VAN DIE GELDMAG (DIE ANGLO AMERIKANERS EN KOMMUNISTIESE APARTHEID HATERS) TOT SONDE TE VERKLAAR EN DIE STREWE VAN DIE AFRIKANERVOLK SE VYANDE TE BEVORDER
Wat die vyandigheid rondom apartheid laat ontbrand het is juis dat die vyande van die Afrikanervolk (binne en buite Suid Afrika) gefrustreerd en gegriefd was toe die Afrikaners die 1948 die verkiesing gewen het en vir die eerste maal sedert 1902 weer regeerders van hulle land geword het. Dit was die regstreekse aanleiding van die verhewiging van die steeds voortdurende “Boer War” met ander middels teen die Afrikanervolk. Soos vir die ekskuus vir die oorlog in 1899 die regte van uitlanders was, was die ekskuus na 1948 DIE REGTE VAN SWARTES IN SUID AFRIKA EN APARTHEID MOES DIEN AS DIE AANVALSWAPEN TEEN DIE AFRIKANERS.
In die “US Congressional Record” van 1957 onder die opskrif “A Racial Program for the 20th Century, word geskryf: “Blacks are of no significance except as a tool to destroy the white race. By propounding into the consciousness of the dark races that for centuries they have been oppressed by the whites we can mould to the program of the Communist Party”
DISKRIMINASIE
Naas die wet van soort soek soort is daar ‘n ander onveranderlike wet. Dit is die wet van voorkeur-‘n mens se reg om voorkeur te hê vir sy eie familie, sy gesin, nie omdat hulle mooi of wonderlik of slim is nie; dikwels die teendeel. Maar dit is jou onvervreembare reg om voorkeur te hê vir wat eie is.
Elke diskriminasie ten gunste van die eie is onvermydelik diskriminasie ten koste van ‘n ander, net soos elke reg wat gehandhaaf of uitgeoefen word, ‘n beperking stel aan die reg van ‘n ander
Jy skuld niemand op aarde ‘n apologie of verduideliking waarom jy jou eie voorkeur het nie. En omdat jy die reg het om voorkeur vir jou eie te betoon, het jy ook die reg om te diskrimineer ten gunste ven jou eie. Jy
Elke dag diskrimineer ons ten gunste van die Afrikaanse taal omdat dit ons taal is. Ons diskrimineer ten gunste van die Protestantse godsdiens omdat dit ons godsdiens is. Ons diskrimineer te gunste van die Afrikaanse kerk omdat dit ons kerk is. Net so diskrimineer ons ten gunste van Suid Afrika omdat dit ons land is. Net so diskrimineer ons ten gunste van die Blanke nasie omdat dit ons nasie is
Maar in ons tyd het diskriminasie een van die vloekwoorde van die politiek geword. Dit beteken jy mag nie onderskei nie, wat is diskriminasie anders as om te onderskei
As jy jou op hierdie lewens waardes stel-dan is jy op ‘n moreel-etiese basis. Vandag vind ons egter dikwels dat mense met Bybeltekste loop en smous om jou wys te maak dat diskriminasie nie Skriftuurlik is nie en dat jy daarom ‘n skuldgevoel daaroor moet ontwikkel
Maar dit is ‘n ewe groot waarheid dat in die Bybel nêrens bloot van mense buite hulle volksverband gepraat word nie. Die Bybel praat regdeur van volke en nasies waaraan mense behoort het. Die mens het sy identiteit weens die bepaalde volk of nasie waaraan hy behoort. En dit is ‘n erkenning van daardie Gods plan wanneer jy jou inspan om dit te handhaaf
In: I Timoteus 5 vers 8 staan in elk geval geskryf: “Maar iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote nie sorg nie, het die geloof verloën en is slegter as ‘n ongelowige.”
GISTER EN EERGISTER
Sedert die Britse oorname van die Kaap in 1806 is die Kaapse Nederduitsch Hervormde Kerk deur die Britte geteister deur voortdurende owerheidsinmenging
- Die Kerk moes die eed van getrouheid aan die Britse koning aflê
- Die slagkreet “vryheid” van die Britse veroweraars was o a dat die Kerk nie sy eie kerk-ure kon bepaal nie of aan enige kerkgebou kon verander het, sonder die Goewerneur se toestemming nie
- In Graaff-Reinette is gekleurde huursoldate deur die Britte in die kerk gehuisves en word daar geskryf: “….dat de kerk tans beter naar een paerdestal, een hoerhuis dan na een Godshuis gelijkte”
Met die Algemene Kerkvergadering van 1842 in Kaapstad is die kerk se naam verander na die NG Kerk
Tydens die Groot Trek het die lidmate van die NH Kerk hulle attestate en bewyse van lidmaatskap van die NH Kerk saamgeneem
Om vry te wees van Engelse onderdrukking en die liberale NG Kerk van die Kaap is die NH Kerk in
Hierdie kerk kom tot stand nie weens teologiese verskille nie, maar om politieke redes
Die Engelse historikus Froud skryf in “Oceana”: “Die Boere was so stelselmatig beswadder en wan voorgestel dat die Engelse hulle skaars as menslike wesens beskou het….Ons het ons verowering teenoor onsself geregverdig deur die verowerdes hulle karakter te ontneem, EN ONS HET ONSSELF TEEN HULLE OPGESTEL AS DIE KAMPVEGTERS VAN DIE GEKLEURDE RASSE…” (Na die anneksasie van Transvaal deur Shepstone 1877)
Athor Kepple Jones skryf in “
John Arlotte, ‘n krieket kommentator rapporteer in 1948 in ‘n BBC uitsending: “Wel ietwat tot my afsku, ek praat uit persoonlike waarneming oor die saak-natuurlik is die bestaande regering in Suid Afrika oorwegend Nazis….” Dit is hoe apartheid regstreeks vereenselwig is met Nazisme, ten einde die Engelstalige wêreld die oorlogstydse vyandigheid teen Nazi-Duitsland te vereenselwig met vyandigheid teen Afrikaner Nasionalisme
In 1961 rapporteer Mnr Paul Sauer eertydse minister na ‘n buitelandse besoek “Ek is getref deur die stroom van gif wat sy oorsprong in Brittanje het. Dit is die land wat as vriend van Suid Afrika voorgestel word, en wat aandring op ‘n “onomkeerbare hervorming” van Suid Afrika ten einde die Afrikanervolk se politieke mag permanent te breek en te vervang deur ‘n kommunisties beheerde swart regering. En om die weg te open tot ‘n ANC-SAKP-magsoorname, IS DIE VOORVEREISTE DAT APARTHEID AFGESKAF MOET WORD.”
Hierdie vyandige oogmerke in die Engelstalige wêreld is weer eens skerp omlyn in “The Citizen” van 20 Junie 1977: “Dit blyk dat die CIA en die Kremlin al jare-lank aan dieselfde oogmerk werk: Vernietiging van Blanke Suid Afrika
Dit moet duidelik gestel word dat die vyandigheid teen apartheid die onmiddellike stryd verteenwoordig teen die Afrikaner en Afrikaner Nasionalisme as die mag wat in die weg staan van sowel die Amerikaans-Britse Imperialisme die kommuniste en die georganiseerde geldmag in Suid Afrika. APARTHEID is volhardend deur die kommuniste aangedui as ‘n instrument van onderdrukking en onreg, wat met verbetenheid beveg moet word. In die kommunistiese mondstuk “New Age” van 7 Des 1967 lui die opskrif: “New moves to smash apartheid.”
Apartheid moes uitgeskakel word as voorwaarde vir ‘n swart meerderheid regering waardeur die kommuniste hulle magsgreep gemaak het
ENIGE IEMAND WAT MEEN DAT DIE VYANDIGHEID TEEN APARTHEID UIT GODSDIENSTIGE OORWEGING SPRUIT OF OP BYBELSE VOORSKRIFTE GEGROND IS, BEGRYP NIKS VAN DIE POLITIEKE MAGSPEL EN DIE HISTORIESE WERLIKHEID NIE . OM DIE SAKE TE BESPREEK BUITE-
KOMMUNISME EN DIE KERK
In hulle stryd teen apartheid perverteer hulle die Christelike geloof deur aanknoping by Christelike en Kerkgenootskappe te kry vir die ondermyning van die samelewing in die strewe na die omvêrwerping daarvan.
In “The African Communist” van Sept 1987 verskyn ‘n opskrif “Die Kameraadskap van Marx en Jesus” Die artikel deur Cedric Mayson begin met: “Christene en Kommuniste behoort kamerade in ons stryd te wees” Dus, die kerk moet saam met die kommuniste in hulle oorlog teen apartheid veg
“Die Kerk” skryf Mayson verder, “Is nie ‘n leer nie maar ‘n slagveld. ”Dit is een van die plekke waar die stryd woed…”- die stryd teen apartheid vir ‘n Kommunistiese staatsorde van gewelddadige onderdrukking, korrupte regering berekende diskriminasie, ekonomiese ellende en sosiale misstande soos ons nou in Suid Afrika ervaar
Lenin het vroeg in hierdie eeu reeds gesê: “Ek infiltreer kerke en neutraliseer hulle. Dit is ‘n vrugbare front omdat godsdienstige mense die liggelowigste van almal is.”
Castro van Cuba sê :”Christene en kommuniste
By Kabwe lui ‘n ANC besluit: “Ons moet ‘n ANC kern in elke jeug en studente organisasie hê…Godsdienstige geloof omskakel tot na die stryd van bevryding. Die jeug moet skaam gemaak word vir hulle ouers en voorgeslag wat aan apartheid geglo het.”
In “The African Communist” van 1986 skryf Tokho Mdladlose “Ons moet besef dat in ons land die meeste van diegene wat aan die omvêrwerping van apartheid sal deelneem kerkgangers is….daarom soek na weë om die kerk betrokke te kry
In die aanloop tot die 1994 verkiesing in ‘n TV onderhoud verklaar Pik Botha oor die vrese van ‘n kommunistiese oorname in Suid Afrika dat Kommunisme verby is: “Wie is nou bang vir ‘n kommunissie of twee?”. In sy boek “Homo Americanus” skryf Tom Sunic in 1989: “It make little difference that Communism fell in the East, because by then it has risen in the West, though in a more insidious and sophisticated form….The West even has its own version of commissars in the form of screaming, bat swinging anti-racist terrorists (Dansende kaders, singende: “skiet die Boer!”
In 1986 verklaar Seretse Choabi van die ANC/SAKP in
Die regstreekse verband wat die kommuniste knoop deur hulle verbintenis met kerklike organisasies blyk uit Mdladlose se stelling: “Revolusionêres erken die feit dat deur deelname en stryd teen onderdrukking en uitbuiting, die Kerk besig is om te help om die objektiewe toestande te verwyder waarop Godsdiens oor die eeue floreer het. “Die objektiewe toestande” wat hulle in Suid Afrika verwyder wil hê is die erkenning van rasse-verskille en die beleid van apartheid waarin dit beliggaam is. Die politieke en Kerklike verwerping van apartheid is daarom ‘n regstreekse bevordering van kommunistiese oogmerke, waarvan ons in Suid Afrika maar nog net die eerste tekens van die naderende Rooi Draak beleef.
