1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8564078

Besoekers aanlyn

Ons het 80 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

DIE AANSLAG OP DIE KERK VAN DIE AFRIKANER VERHEWIG!

Soos verwag, het die kommissie van die algemene kerkvergadering van die Hervormde Kerk, die beswaar van ontstelde lidmate teen die kerk se verwerping van apartheid, van die hand gewys.  Na die verklaring van apartheid as sonde deur die NG-Kerk in 1986, was dit onvermydelik dat die visier sou verskuif na die sogenaamde “volkskerk”  van die Afrikaner.

Met militêre opleiding van die laat vyftigs en deurlopend in die 1960’s, was daar deurgaans sterk klem gelê op die “totale aanslag” op die Afrikanervolk.

Daar was nie ‘n terrein waar ons Christelik-Nasionale lewensbeskouing vrywaar was van die aandrang om by die wêreldnorm aan te pas en waarteen ons moes walgooi  nie.

Die grootste druk was vir gelykstelling.   As die vyande van die Afrikaner daarmee kon slaag, was die helfte van die stryd gewonne.   Dit was dus logies dat daar ernstige aandrang sou kom om die beleid van apartheid dermate te demoniseer dat  die Afrikanervolk daaroor ‘n skuldgevoel moes ontwikkel wat sou meehelp aan die aftakeling van “white supremacy”, wat as onderbou vir die apartheidsbenadering voorgehou is.

Die aangewese plek om daarmee sukses te behaal was die kerk!   Al die positiewe bedoelings, en prestasies van apartheid is doelbewus verswyg en klem is gelê op die gefabriseerde “negatiewe” eienskappe van apartheid tot op die vlak waar apartheid as ‘n euwel beleid, sondig en in stryd met die Woord van God verklaar is, en dus verwerplik, soos nou ook deur die Hervormde kerk.

Dit is tragies om te sien hoe die oorsprong vir die aandrang bloot ignoreer word deur gelowige lidmate wat deur  valse teoloë op sleeptou geneem word.  Selfs die diaboliese beplanning om ‘n klimaat te skep wat in lyn is met die aandrang van die wêreld, word misgekyk en volg mense slaafs die wêreldse voorskrifte onder leiding van Afrikaanse teoloë, soos skape wat ter slagting gelei word. Openbaring 13:3  En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees.   En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.

Is dit nie juis die SAKP, die ANC, die Wêreldraad van Kerke, die liberaliste en Kommuniste wat hulle hiervoor beywer het oor al die jare nie?  Die teenpool van apartheid is tog integrasie!   Dit is wat ons nou het.  Dit is waarmee apartheid in 1994 vervang is nadat daarvan afgewyk is na die moord op dr. Verwoerd. 

Is die chaos wat daardeur ontketen is nie genoegsame bewys van die bedoeling vir die afskaffing van apartheid vir die kommissie van die algemene kerkvergadering van die Hervormde Kerk nie?   Het die nagenoeg dertigduisend moorde op blankes en onberekenbare skade en verdriet van meer as dubbel soveel verkragtings op ons vrouens en dogters dan vir hulle géén betekenis nie?   Wolwe in skaapsklere is hulle!

 Dit is duidelik dat die stryd tussen lig en duisternis in die kerk van die Afrikaner woed waar ons eie voorgangers ons grootste vyande geword het.   Die enkele laaste ankers van die Afrikanervolk moet nou getrek word.  Vandaar hierdie onwrikbare standpunt van die kommissie na die  “oorweldigende meerderheid van verskeie kundiges” se advies. 

“Luidens ’n verklaring wat die kerk gister uitgereik het, het die kommissie verskeie kundiges se advies ingewin. Die oorweldigende meerderheid van hulle stem nie saam met die wese van die beswaardes se argumente nie”   (Beeld van Donderdag 17 Maart  2011.)

Dit het tyd geword vir Afrikaners om op te staan teen hierdie “stert swaai die hond” sindroom waaraan ons nou al vir jare blootgestel is.  Apartheid is nié sonde nie, dit is nié ‘n verwerplike beleid nie, dit is ‘n Godgegewe lewenswyse wat die skeidingsbeginsel van die Bybel handhaaf tot verheerliking van ons Skepper  in die verskeidenheid van volke, nasies en tale wat deur die magte van die duisternis vernietig wil word!

Die AVP se boodskap aan elke lid van die Hervormde kerk in die lig van hierdie aanslag is:

Waak Christen, staan  in die geloof,

laat niemand u u kroon ontroof!

Gedra u manlik, wees kloekmoedig

In trou volvoering van Gods werk;

Standvastig, onbeweeglik, sterk,

Volywerig, altyd owervloedig.

Dan sal u arbeid in die Heer

Tot seën wees, Sy Naam ter eer!

 

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie