Daar het ‘n neiging ontstaan waaroor ons al baie geskryf en gepraat het, om ras as onderskeidingsfaktor te koppel aan rassisme. Dit het tot gevolg dat gesprekke wat te make het met die onreg wat teen Afrikaners gepleeg word gewoonlik begin met: Ek is nie ‘n rassis nie maar......
Die metode om enige persoon, beleid of begrip te besmet as iets of iemand wat liefs vermy behoort te word, is deur die eeue tot ‘n fyn kuns ontwikkel.
Neem nou maar die voorbeeld van spotprenttekenaars wat deur middel van ‘n karikatuurskets, sekere gelaatstrekke van ‘n persoon, om verkrompenheid, gierigheid of enige slegte beeld wat hulle van ‘n persoon wil vestig, oormatig te beklemtoon.
Die woord apartheid. Die argument word baie gehoor dat, as ons net nie die woord “apartheid” gebruik het nie! Dit is natuurlik onsin! As dit nie apartheid was nie sou ons vyande in elk geval iets anders gebruik het. Dit gaan per slot van sake nie oor apartheid nie, maar oor Suid Afrika, sy minerale rykdomme en strategiese ligging. Die Engelse het tenspyte daarvan dat daar in die Engelse taal verskeie woorde bestaan om die betekenis van apartheid te beskryf, verkies om die Afrikaanse woord te bly gebruik met só ‘n negatiewe en afskuwelike verbintenis dat die indruk gewek moes word dat daar nie in enige ander taal ‘n woord daarvoor bestaan nie. Sodoende het die woord apartheid, en daarmee saam die Afrikanervolk in die oë van die wêreld verwerplik geword.
Die woord ras het dieselfde pad geloop. Niemand wil tog ‘n rassis genoem word nie! Met hierdie benadering slaag die vyand telkens daarin om sy doel te bereik deur sekere woorde te besmet om ‘n verandering in rigting daardeur te bewerkstellig. Die woord ras word dus nou vermy terwyl daar eerder klem gelê word op volk en nasie wat nie klem plaas op onderskeid nie maar eerder op eenheid en veral op gelykdheid. Enigiets wat dui op onderskeid word as rassisties of rassisme gebrandmerk!
Behalwe dat die verskille tussen rasse sigbaar en hoorbaar is, is dit ook in hulle verskillende kulture, lewens-en-wêreldbeskouing, godsdiens, intellek en leefwyse waarneembaar. Daar moet egter volgens die Nuwe Wêreld Ordedrywers glad nie na ras verwys word nie. Oor dit wat jy sien en weet, moet jy nou in ontkenning leef.
‘n Volk word tog gebore uit ‘n bepaalde ras en nie andersom nie. So vorm kultuur ook eers nadat ‘n volk uit ‘n ras ontstaan het. Kultuureienskappe is tog rasgebonde en nie andersom nie. Om te praat van ‘n nie-rassige volk of ‘n raslose nasie, is om op jou verstand te gaan sit! Dit is lagwekkend om in dieselfde “rasloosheid” en/of nie-rassigheid,te sien hoe die verskillende rasse natuurlikerwys groeppeer.
Om dus dit wat jy is te handhaaf en voorkeur aan te verleen, het absoluut niks te make met wat vandag as rassisme bedoel word nie. Die gevaar setel juis daarin om ras as onderskeidingsfaktor te versaak op aandrang van die Wêreldorde drywers en hulle genote. Deur gelykstelling te aanvaar verdwyn jou ras se vermoë tot prestasie, sy geestelike standaarde, morele waardes, en ook sy onderskeiding as ‘n volk met ‘n bepaalde afkoms en geskiedenis,..... alles binne die kookpot van Wêreldsheid waarteen die Woord van God ons dringend waarsku!
Moet dus nie toegee dat dit wat jy sien, nie is wat jy sien nie!