Media

FW DE KLERK WAS REG!

In Beeld van 2 Junie 2011 verskyn die sekerste erkenning van verraad uit die mond van die verraaier self en wil dit voorkom of de Klerk se gewete hom begin inhaal sodat ‘n vorm van belydenis hom begin dring!

Soos wel bekend is daar vele geloof benaderings wat van mekaar onderskei kan word in veral die optrede, uitsprake en belydenisse van die onderskeie gelowiges. Vir Christen gelowiges is dit veral die stelling in die Woord van God wat sê:  “Salig is hulle wat nie gesien het en tog geglo het”, terwyl sommige slegs dit glo  wat hulle met hulle oë sien en met hulle ore hoor!

De Klerk was aanvanklik “polities gelowig” toe hy in Junie 1977 ‘n Nasionale Party pamflet “Skietgoed” uitgereik het met onder andere die volgende stellings, soos “Waardelose Waarborge”.  Behalwe dat hy dit moes geglo het om dit opskrif te kon stel, het hy grootgeword in ’n huis waar sy pa Jan de Klerk in dr. Verwoerd se Kabinet gedien het waar hy blootgestel was aan uitsprake van dr. Verwoerd soos in sy toespraak tydens die onafhanklikheidswording van die Transkei in 1962

 

Na die internasionale sluipmoord op dr. Verwoerd het de Klerk alles waarin hy geglo en gepredik het, teen alle waarskuwings, pleitredes en versoeke van afvaardigings, die mandaat van die Afrikaner kieserskorps in die wind geslaan en met toegewings aan Internasionale eise, sy Kabinet oortuig om saam te werk om teen alle getuienis in, die Afrikanervolk uit te lewer aan presies dit waarteen hy gewaarsku was en waarteen hy nou kastig beswaar het!

 

Die gruwel daarvan is die duisende gruwel moorde, martelings, verkragtings van ons vrouens en dogters en die verwoesting van Suid-Afrika, waarvoor hy nou die ANC, Zuma en Malema wil blameer!

 

De Klerk verwys na onverstaanbaarheid van die regering.   Daar is egter in Suid Afrika nie ‘n beter voorbeeld van onverstaanbaarheid van iemand wat in staat is om sy vrou en sy volk te verraai tot die dood en uiteindelike uitwissing nie en dan nog die vermetelheid te hê om in die openbaar te verskyn en uitsprake te maak asof hy dood onskuldig is!

 

Dat Suid Afrika onder die hand van de Klerk ‘n mislukking geword het, is net so sigbaar en seker as wat de Klerk die grootste mislukking as leier van die Afrikanervolk was wat die geskiedenis ooit opgelewer het of ooit weer sal oplewer!