E-pos ontvang; Waarskuwing - WEES BEDAG OP "Polisievoertuie" wat snags mense se karre laat stop, en hulle aanrand en verkrag.
Ek voel dis my plig as, wit Suid-Afrikaanse vrou, om hierdie e-mail vandag uit te stuur en almal te waarsku. As ons almal maar net na iemand se storie luister, naar word, hoendervleis kry en dan net weer aangaan met ons lewens, gaan ons nêrens kom nie. Wanneer wil ons wakker word en besef wat besig is om te gebeur. Ek dink ons moet hierdie kragtige ding, e-mail, gebruik, vir meer as net grappies rondstuur. As elke vrou of man, met wie daar iets gebeur, 'n e-mail begin sirkuleer, kan ons dalk iemand anders en onsself, in die proses help of beskerm.
Hier volg ’n paar aaklige stories…
- My vriendin het so 3 weke gelede ook vrou alleen gery en 2 swart polisie manne wou haar op die snelweg aftrek, sy het aangery en haar man gebel, hulle is amper toegesluit – lang storie kort, dit gebeur oral meer en meer, wees bedag.
- Dit het so twee weke terug met ons ook gebeur, maar Kobus het gelukkig sy instink gebruik en gesê ek moet in die kar bly en die kar sluit, hulle het ons daar gehou vir n uur lank en wou hê ek moes uit die kar klim, maar ek het net geweier en toe vriende van ons gebel en gesê hul moet gou kom want die 4 offisiere stamp en stoot Kobus rond en vloek hom. Dit was regtig aaklig, ek was nog nooit so bang nie. Die een het tot vir my gesê ek moet uitklim, toe ek nee sê en dat hy moet gaan vlieg toe se hy ek moet uitklim hy wil my n les leer en agter in sy voertuig laai en toesluit, ek het net geweier. Ons vriende het daar aangekom en skielik toe is daar nie meer ’n probleem nie. Só ja, dis nie net snert stories nie, dis regtig so. Hulle is uit om ons wit vrouens te verkrag en die mans uit te moor!
- 'n Vroutjie wat ek baie goed ken, het gister haar traumatiese storie vir ons vertel. Sy het uit 'n inkopiesentrum gery, laat in die aand (Bedfordview Mall). Net daarna, het blou ligte agter haar geflikker en haar forseer om af te trek. Die polisievoertuig het skuins voor haar ingery. Die swarte, geklee in volle uniform, het na haar venster toe gekom en vir haar gesê: "Get the f@ck out of the car!" Hy het haar in die kattebak van die kar gegooi en toe met haar gery. Die ander 2 "offisiere" in die polisievoertuig het gevolg. Op 'n stil pad, het hulle haar weer uit die kar geruk, 'n vloeistof gegee om te drink. Toe sy dit uitspoeg, het hulle net kwater geword en haar meer mishandel. Soos sy se, op een stadium het sy gewens hulle wil haar liewer skiet, as vir haar om deur hierdie trauma te gaan. Sy het bewussyn verloor. Die drie het haar toe verkrag en net daar gelos. Sy het 3 dae later in die hospitaal wakker geword. 'n ADT man het haar, langs haar kar gekry die volgende oggend en die polisie en ambulans gebel. Al haar besittings, geld, diamante juwele ens, was nog net so in die kar. Dus was die intensie nie roof nie...... Die polisie het gesê, dat dieselfde ding ook met 'n ander vrou gebeur het dieselfde aand, in dieselfde omgewing. Vandag moet sy met die trauma saamleef. Sy moet vir 'n maand lank Antiretrovirale medikasie neem, en ons kan maar net bid dat sy nie by maand 3, HIV positief toets nie. Sý gaan ook vir "counseling". Die Counselor, het hope lêers op haar tafel van vrouens wat almal verkrag is.
So al wat ek vandag kan doen, is pleit by alle vroue, MOENIE meer in die nag alleen ry nie. (Ek is ook skuldig, doen dit self) Ons vroue is sagte teikens en dit is hulle missie om ons te teiken. Wees paraat. Jy, as vrou, in die donker, het die reg om na 'n Polisiestasie toe te ry, wanneer jy langs die pad afgetrek word, in die nag en jy onseker voel. Wanneer 'n Polisievoertuig, ligte agter jou flikker, skakel jou noodligte aan (net om vir hom te wys dat jy hom wel gesien het) en ry dan na die naaste Polisiestasie. Kry 'n klein botteltjie traangas in jou kar. Hou dit byderhand, wanneer jy wel afgetrek word. Wanneer die Polisievoertuig voor jou insny, stop, maar moet NOOIT die kar afsit nie en sit dadelik jou motor in tru-rat. As hy agter jou is, sit jou kar in 1ste, sodat wanneer daar wel iets fout gaan, jy onmiddellik kan probeer wegjaag.