1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8390370

Besoekers aanlyn

Ons het 35 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

BRIGADIER BOTHMA DOEN LEEULOOP UIT VUURWAPENREGISTER

www.pot-shot.co.za

Die sage van brig Jaco Bothma en die SA Polisiediens het wye en interessante draaie geloop wat sy toekomsvooruitsigte in die polisiediens by die dag mistroostiger laat.
In die gees van die leeuloop waarna brig Bothma graag verwys, sit Pot-Shot die sage stap vir stap uiteen.

Stap 1: Op 2 November het die Minister van Polisie, mnr. Nathi Mthethwa, aangekondig dat daar ‘n aantal sleutelprobleme in die Sentrale Vuurwapenregister (CFR) is. Die probleme wentel hoofsaaklik rondom die bestuur van die register. Een van die oplossings tot die bestuursprobleme is the verwydering van die senior bestuur van die CFR.

Stap 2: Op 3 November het brig Bothma ‘n brief van lt. genl. MM Stander ontvang dat sy “laterale oorplasing” as Provinsiale Hoof: Inspektoraat: Noordwes oorweeg word en dat hy lt. genl. Stander moet laat weet waarom dit nie binne sewe dae uitgevoer moet word nie.

Stap 3: Op 17 November erken Stander ontvangs van Bothma se brief van 10 November waarin hy versoek word om ontslaan te word en deel hom mee dat die versoek nie toegestaan is nie.

Stap 4: Bothma verkry ‘n hofbevel wat sy oorplasing voorkom en die opdrag om hom te verplaas, is daarop teruggetrek.

Stap 5: Op 22 November het lt. genl. LJ Mothiba, Afdelingshoof: Sigbare Polisiëring Bothma ingelig oor die “herroeping van die besluit om u te verplaas.” Bothma is ook ingelig dat hy nie meer na Noordwes hoef te gaan nie in die lig van “bykomende vertoë vervat in die aansoek om interdik”. Bothma is meegedeel dat hy na sy posisie as Senior Hoof: Sentrale Vuurwapenregister kon terugkeer.

Ongelukkig vir die omstrede brigadier het die storie nie daar geëindig nie.

Stap 6: Daarna is ‘n dissiplinêre kennisgewing op hom bedien en is hy “weens ernstige wangedrag” met ingang 10 Desember met volle vergoeding geskors. In die brief van lt. genl. Mothiba is hy meegedeel dat die CFR van Junie tot Oktober 2010 ondersoek is en dat die polisie “ernstige ongerymdhede en oortreding van wetgewing ontdek het”.

Dit sluit in:
• ‘n Ernstige agterstand in aansoeke vir die uitreiking van vuurwapens en bevoegdheidsertifikate. Tans is meer as 1 miljoen aansoeke en hernuwings uitstaande.
• Die proses van oorweging, uitreiking en beregtiging van aansoeke het “’n ernstige kleur van begunstiging aangeneem wat sekere organisasies en individue bevoordeel.”
• “Sedert 2004 het u in gebreke gebly om ‘n stelsel in te stel om aansoeke op ‘n rasionele, deursigtige en on arbitrêre manier te prosesseer soos wat ingevolge u posisie verlang word. Die klagte het gelei tot openbare protes waarvan die Nasionale Kommissaris en die Minister van Polisie kennis geneem het.”
• Bothma is ingelig dat daar “bewerings van korrupsie, onwettige vergoeding en omkopery” in die CFR is. Daar is “geen getuienis van u persoonlike korrupsie nie, maar die bewerings het betrekking op ‘n omgewing wat deur uself bestuur word.
• Bothma is beveel om sy amptelike vuurwapen in te dien, sowel as sy aanstellingsbrief, sleutels, dokumente in sy besit en sy selfoon.

Dissiplinêre verrigtinge is nog hangende.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie