1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8390327

Besoekers aanlyn

Ons het 34 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

VVK SE VERKIESING VAN DIE BAAN

Die VVK se beoogde volksverkiesing van 31 Mei 2011 is blykbaar uitgestel na September 2011 omdat twee verkiesings in Mei glo volksgenote sal verwar.

Dat die verkiesing uitgestel is, verbaas nie. Die rede wat egter daarvoor aangevoer word, is lagwekkend. Waarom ‘n verkiesing van die regime waaraan geen “reggeaarde” Afrikaner behoort deel te neem nie, volksgenote sal verwar, is moeilik, indien nie onmoontlik nie, om in te sien. Afrikaner-nasionaliste stem mos in elk geval nie in die regime se verkiesings nie, of hoe?

 Daar is dan boonop soveel “opwinding” oor die VVK se planne, veral in HNP-geledere. En die saak moet mos hoë prioriteit geniet, synde dit dan so ‘n “weldeurdagte” plan is, dan nie?

 Die waarheid is dat die paar duisend persone wat geregistreer het vir die verkiesing (presies soos wat die AVP lankal reeds voorspel het), ‘n bespotting van die die verkiesing (en die Afrikaner) gaan maak. En of die getalle veel anders gaan uitsien sowat vier maande later, is te betwyfel. En dan is daar seker nog nie genoeg kiesbeamptes om elke dorp in die land te beman nie!

 Dit is derhalwe veel eerder ‘n geval dat die AVP se kritiek inslag by meeste Afrikaners gevind het en daar besef word dat verset, eerder as onderhandeling, die antwoord is.

 Maar in plaas daarvan dat die VVK- en HNP-indoenas dit insien en erken dat hulle met ‘n weerlig afleier besig is, word hardkoppig deur enkele persone vasgehou aan die idee van ‘n verkiesing met as doel ‘n volkstaat (lees: stofkom) iewers in Suid-Afrika - iets wat boonop van die regime gevra moet word.

 Dit is erg genoeg as die Afrikaner deur die regime, die NG Kerk en die Broederbond vir die gek gehou word. Dit is egter onverskoonbaar as dit uit “regse” geledere gedoen word. Maar dan besef mens maar net weer die Broederbond en die Volksbond is kop in een mus!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie