1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8333592

Besoekers aanlyn

Ons het 89 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

MANUEL, MANYI en RASSISME

ManualHOEVEEL BREINSELLE KAN JY HÊ AS JY HULLE MET DR. VERWOERD WIL VERGELYK?

Maar terwyl dr. Verwoerd so sonder enige sin vir die waarheid en die werklikheid in die korrespondensie  tussen dié twee politieke bevoorregtes ingesleep is, is daar heelwat politieke waarhede wat aan  hulle verduidelik kan word omdat daar klaarblyklik nie veel is wat hulle daarvan verstaan nie!

Laat ons begin by, soos Trevor Manuel hom beskryf, die  “rassis”, dr. Verwoerd.

Want dit is juis hier waar ‘n uittreksel uit ‘n toespraak van dr. H.F. Verwoerd, met die aankondiging van selfbestuur vir Transkei, op 23 Januarie 1962, van onskatbare waarde is. 

Laat ons ook in gedagte hou dat dit juis die plek is waar Mandela vandaan kom en niks kon vermag om sy eie mense daar op te hef of sy land ekonomies lewensvatbaar te maak nie.

Dr. Verwoerd:

“Laat ons die oplossing van ‘n veelrassige staat ‘n bietjie nader bekyk.   Of dit nou federaal georganiseer word of volgens ‘n ander stelsel, maak vir my argument eintlik geen saak nie.   As die een veelrassige staat ‘n federaal-georganiseerde staat sou word (ooreenkomstig Verenigde Partybeleid) of ‘n eenheidstaat (volgens Progressiewe Partybeleid met ‘n beskawings toets), of ‘n eenheidstaat (volgens die Liberale Party se voorstel van een-man-een-stem), en hy sou tegelykertyd waarlik demokraties wees en in ooreenstemming met die tydgees wat in die wêreld heers, dan sal dit onverbiddelik moet lei tot Bantoe-oorheersing.  Want die getalle sal op die ou end moet tel.   Dit is wat die tydgees verlang.  Dit heet hedendaags werklike demokrasie.(my beklemtoning)

Dit is nie wat die Kommuniste beoefen nie.   Dit is nie eens wat die Afrika-state beoefen nie.   Dit is waarvoor druk uitgeoefen word wanneer eise gestel word teenoor ons land.   Met ander woorde, die Integrasie pad mag vertraag of versnel word, maar onverbiddelik loop dit uit op Bantoe-heerskappy.   Daaruit is dan geen redding nie.  

Die gevolg daarvan moet wees ‘n onreg teenoor alle minderheidsgroepe.  My agb. Vriend het verwys na Tanganjika.   Die korrekte verwysing daarna sou in hierdie verband wees in Tanganjika het Brittanje en andere daarop staatgemaak dat Nyerere gemagtig is en in beheer sou  bly en dat hy die blankes (20,000) en die Indiërs (100,000) medeseggenskap sou gee.   Dit is waar dat hulle, as minderhede verdring sou word wanneer die hele bevolking saam ‘n eenheid kieserskorps is.   Dit is egter ook waar dat hulle vereers dit nie verwag het nie, maar dat hulle verwag het dat elke groep op ‘n kommunale basis min of meer gelyke mede-seggenskap sou kry.   Nou vind ‘n mens dat selfs in die staat- wat die verwagtings ook al was en afgesien van wat ook al mag gebeur het – niks anders gebeur as elders nie nl. dat die Bantoe sê:  “Dit is my land en ek wil volle heerskappy hê, want ek is in die meerderheid”    Blankes en Indiërs word dus daar gelyklik getref.

Dit sal ons kleurlinge en ons Indiërs in ag moet neem.   Hulle moet nie dink dat hulle beskerming het op grond van hul velkleur nie.   Die minderheidsgroepe sal almal rekening moet hou met ‘n onbeperkte Bantoe-heerskappy as een veelrassige staat tot stand kom.

Ek steek dit nooit weg nie.   Jy moet by die keuse tussen die alternatiewe albei toets- of jy liewers die huidige toestand wil behou of nie.    En dan sê ek ondubbelsinnig:  die gevolg van een veelrassige staat kan die volk van Suid-Afrika nie aanvaar nie tensy die Blanke, die Kleurling en Indiër rasse selfmoord wil pleeg.” (Aldus Dr. H.F. Verwoerd 23 Januarie 1962)

In Trevor se brief aan Manyi sê hy:  “Ek wil jou aandag daarop vestig dat jou stellings oor “ ‘n oorkonsentrasie van Bruinmense” teen die letter en gees van die Suid Afrikaanse Grondwet is....”

Presies waarteen dr. Verwoerd al in 1962 gewaarsku het!

As Gwede Mantashe, Sekretaris-Generaal van die ANC verder verklaar dat hulle nie saamstem met die inhoud van Trevor se brief aan Manyi nie, en dan voortgaan om op die voorblad van Beeld van Donderdag 3 Maart 2011 te verklaar:  “Manuel het my nie vooraf gekonsulteer of dit bespreek nie”, wil ek vir Trevor vra, verstaan jy nou nog nie wat besig is om te gebeur nie?

Wat sê of doen Manyi anders as wat die  “rassis”, dr. Verwoerd die kleurlinge èn Indiërs al in 1962 teen gewaarsku het?   Wat meer is, wat doen Manyi anders as om in belang van sy eie mense die maksimum politieke voordeel te probeer beding?   Wat verstaan jy en elke ander multikulturalistiese- voorstander nie van die krag van die demografie in die algemeen en die natuurlike strewe van selfhandhawing in besonder, nie?

Om die statuur van ‘n Verwoerd met Manyi te vergelyk is ‘n bevestiging van jou eie aantal breinselle!  Veral as jy ten spyte van vroegtydige waarskuwings uit ‘n bron van intelligensie wat jy sekerlik nooit sal begryp nie, steeds in die Afrikagat trap!

Terwyl die hele Westerse wêreld agter David Cameron van Brittanje aan refrein dat multikulturalisme gefaal het en dat dit die onderbou is vir die Moslem ekstremisme in sy land is, dink jy steeds dat die grondwet jou gaan beskerm!   Dieselfde organisasie waarvoor jy so ywerig teen apartheid gewerk het, is oppad om jou en jou bruin, asook die Indiërs en húlle volksgenote te verteer!

 Trevor Manuel se raas en blaas oor Manyi se rassisme, laat  mens in verwondering as hy in dieselfde asem vir hom sê dat die Wet op Billike Indiensneming se verwysing na “aangewese groepe,” wat verwys het na die insluiting van “swartmense” wat beteken “Afrikane, bruin mense en Indiërs”  omdat dit gedien het as bewys van ons grondwetlikheid en as vrugte van ons “struggle”, wat dus spesifiek blankes uitsluit en suiwer rassisties is!

Watter beter bewys daarvan dat die ANC in beginsel, en gerugsteun deur die grondwet, in wese rassisties is!   Hou maar gerus julle hande van dr. Verwoerd af!   Daar is niks wat julle onvermoë  telkens duideliker  laat blyk nie!   Sy diepte in die politiek begin al meer sigbaar word namate die onbeholpe gepeupel soos parasiete op inheemse volke toesak en hulle uiteindelik deur getalle verdring!

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie