Ons lees dit nou bykans daagliks: Multikulturalisme het gefaal! In Europa veral gaan die een na die ander stem op, en nogal van persone van wie dit nie verwag word nie. Merkel, Sarkozy en Cameron. Wie sou dit van hulle verwag? Hulle is immers deur die geldmagte daargestel om multikulturalisme te laat werk.
Nou is die vraag: Wat sê die DA, Radio Pretoria se bondgenoot, daaroor? Of verhoed Helen Zille se Black Sash-bande en haar Open Society-lidmaatskap (van die internasionale revolusie-maker, George Soros) om die erkenning te maak? Of glo sy dalk dat multikulturalisme slaag is Suid-Afrika? Want sy sê mos ons moet die Mandela-droom weer laat herleef in hierdie land.
Die DA glo aan multikulturalisme. Daarom ondersteun hulle die Grondwet. Vir die DA bestaan volke nie, net individue. Die DA soek die Afrikaner se stem, maar stel nie in sy volkskap belang nie. Die DA steun menseregte omdat die DA liberaal is en glo nie aan volksregte nie. Liberalisme wat ons volk verflenter en vernietig. Liberalisme wat die viand van nasionalisme is. Die DA wil hierdie stelsel laat werk. Die DA wat betaal word om Blankes in te koop in hierdie stelsel. Wat glo aan godsdiens gelykheid, aborsie, homoseksualisme, nie-rassigheid, herverdeling van income, onteiening van Blanke grond, ensomeer. Alles dinge wat die Grondwet onderskryf.
Soos die ANC verwerp word, moet die DA verwerp word. Die DA wil net ‘n beter ANC wees. Maar dit bied geen tuiste vir die Afrikanervolk nie. Inteendeel.