1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8333744

Besoekers aanlyn

Ons het 60 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

DIE ONRUS VAN VEELVOLKIGHEID. WAAROM SWYG DIE MEDIA?

Vir meer as ‘n week dra die internasionale media die interressante berigte van onrus vlugtelinge uit Tunesië en ander onlusgeteisterde gebiede na Europa omdat die Westerse Moondhede, soos hulle dit stel, sê dat multikulturalisme gefaal het!

David Cameron van Engeland wat gesê het dat multikulturalisme nie alleen gefaal het in sy land nie, maar dat dit ook onderliggend is aan die Moslemekstremisme in Engeland.  In hierdie koor sing nou ook Merckel van Duitsland, Sarkosy van Frankryk, is daar betogings in Holland en selfs in sommige state van Amerika, dog die hoofstroom media in Suid Afrika rep nie ‘n woord nie!

Ons het mos nou hier te make met die teenpool van apartheid wat gefaal het!  Integrasie of reënboognasie of rasvermenging of net wat hulle dit wil noem.  Die betekenis is onteenseglik duidelik, dat dit waarteen dr. Verwoerd gewaarsku het nl. die verdringing van die kleiner groep deur die groter groep wanneer hulle met mekaar gelykgestel word en gelyke regte het binne dieselfde grondgebied.

Dat dit in die lig van wêreldgebeure al moeiliker gaan raak om apartheid onder die tafel te hou, is so seker as wat die son skyn!  Die Swart Meerderheidsregime is reeds besig met demografiese verskuiwingsbeplanning wat ‘n miljoen bruines hulle werk in die Kaap kan laat verloor, berig Rapport van 20 Februarie 2011. Presies waarteen dr. Verwoerd gewaarsku het!

Die handige argument van weerspieëling van Nasionale samestelling is nou die instrument waarmee die ANC sy greep in Kaapland wil verstewig.   Wit werkers sal met 80%, en Bruines met 22% verminder moet word terwyl Indiërs met 154% en swartes met 538% sal moet toeneem!

Zuma wat duidelik ‘n sterker outokratiese standpunt begin inneem, het verlede week in die parlement gesê dat swart mense letsels dra wat oorblyfsels van apartheid is waarvan die opposisie nie weet nie.  Swart ekonomiese bemagtiging bly dus, sê hy. 

Die AVP wil egter Afrikaners bemoedig deur u te vra om die tekens van die tyd noukeurig dop te hou.   Die wiel draai vinniger as wat verwag is.  Dit beteken ongelukkig ook dat die aanslag hewiger sal word en groter paraatheid van ons vereis.  Die ekonomie sal ook nie verbeter nie en voorsiening uit ‘n groentetuintjie in die agterplaas sal baie beteken in die tyd wat voorlê.  Suid Afrika sal nie die onluste vryspring nie.  Moet dus nie dat u onkant gevang word nie. 

U en u gesin se lewe is kosbaar vir die Afrikanervolk, maak voorsiening om dit te beskerm en skerp veral u kommunikasie met bure en vriende op.  Heel belangrik is om die huisaltaar weer in te stel as dit verval het.  Daar is niks wat dit kan vervang nie.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie