Die landwye staking oor salarisverhogings deur die SA Transport and Allied Workers Union, Transport and Allied Workers Union of SA en die Motor Transport Workers Union is besig om ’n ernstige brandstof tekort in die land te veroorsaak. Die vakbonde eis 'n verhoging van 20%. Daar is reeds berigte van verskeie vulstasies regoor die land wat drooggeloop het.
Onderhandelings met die Pad Vrag Vereeniging het blykbaar in ’n doodloopstraat geëindig. Drywers in veral Johannesburg en Kaapstad word erg geïntimideer en nie toegelaat om te ry nie. Verskeie voorvalle van die beskadiging van eiendom en vragmotors ter waarde van duisende rande is al aangerig.
Intussen het ons van ’n betroubare bron verneem dat die voertuie wat by SASOL in Secunda laai verhoed word deur bestuur om die terrein te verlaat. Dit laat ’n mens wonder of hierdie tekorte en intimidasie nie dalk kunsmatig aangeblaas word nie.
Ons het ook ’n brief van SHELL(klik hier) onder oë gehad wat aandui dat hulle ’n tekort aan brandstof verwag a.g.v. ’n vragskip vertraging.
Motoriste word gewaarsku om vroegtydig U voertuie vol brandstof te maak.