1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8333523

Besoekers aanlyn

Ons het 54 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

DIRK HERMANN SE BETEUTERDE KLAAGLIED!

Die AVP het baie simpatie met Dirk Hermann oor die verlies van sy oom, mnr  Frik Hermann, wat deur die barbare op hulle kenmerkende wreedaardige wyse vermoor is. Frik Hermann was immers een van óns mense! Die AVP verwerp egter Dirk Hermann se beteuterde oproep tot Jacob Zuma om tog nou iets daadwerkliks omtrent die misdaadsituasie in die land te doen. So asof Zuma enige simpatie met ons volk sal betoon.

Verbeel jou! Dit is so goed die Voortrekkers het na die moorde op Piet Retief, en daarna by Bloukrans, Weenen en Moordspuit by Dingaan gaan smeek om tog iets omtrent die moorde te doen! Bid jou dit aan! Wat verstaan Dirk Hermann nie van die Nuwe Suid-Afrika nie? Verstaan hy nie dat dit die ANC-regime se uitgesproke doel is om ons volk te vernietig en te verwilder nie? En indien nie, wanneer sal hy eendag verstaan? Of het dit alles te make met die agenda van Solidariteit?

 

Die Afrikanervolk sal eers diegene in eie geledere moet ondersoek vir hulle werklike agenda. Want dis moeilik om ‘n vyand aan te vat as die man neffens jou klaarblyklik onseker is wie die vyand van ons volk is.

 

Daar is net een vraag aan Dirk Hermann te vra: Sien jy en Solidariteit die ANC as ‘n vyand van ons volk, of as ‘n vriend in nood, die redder van ons volk? Die AVP wag in spanning op julle antwoord!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie