1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8333609

Besoekers aanlyn

Ons het 68 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

VEREISTES VIR BURGERSKAP, MINISTERSKAP, EN ENIGE ANDER “SKAP” WAT JY KAN BEDINK

Dit was mnr. Jaap Marais wat by geleentheid gestel het dat om burgerskap in die Nuwe Suid Afrika te bekom, jy net drie kwalifikasies benodig.  Jy moet ‘n kruisie kan maak, jy moet kan regop loop en jy moet met ‘n klip kan gooi.

Na die verloop van sestien jaar van “nuwe” regering deur ‘n swart meerderheid, het daar ‘n hele paar kwalifikasies bygekom.   Om president te wees moet jy ‘n terroriste agtergrond hê, in die tronk gewees het nadat jy tot die dood veroordeel was, korrupte verbintenis hê met top kriminele, aangekla wees van verkragting en tenminste vier vrouens hê en jouself hoog genoeg aanslaan om God by jou verkiesingsveldtog in te sleep.

Om die hoof van polisie te word moet jy ten minste korrupte verbintenisse hê, soos ‘n bobejaan lyk volgens jou eie oordeel en miljoene rande se geld op huise en geboue uit te gee omdat jou vriende daarby kan baat.

Om ‘n student aan ‘n Universiteit te wees, moet jy met klippe kan gooi, buitebande kan brand, onskuldige mense se motors en ander eiendom kan beskadig omdat jy nie plek in ‘n koshuis kan kry nie, ens, ens.

Om ‘n pos as minister of selfs net as een of ander amptenaar te hê, beteken ‘n luukse motor van meer as ‘n miljoen rand met nog ‘n paar honderduisend rand se bybehore, bloulig hoëspoed beskerming, miljoene rande se verbeterings aan staatshuise om dan liewer in ‘n ander huis van jou keuse op staatskoste in te trek.   Die pakket sluit ook in die toekenning van tenders aan familie en vriende, ongekontroleerde besteding van belastingbetalersgeld en by ontdekking daarvan, of ‘n goue handruk of lang verlof van ‘n paar jaar met volle betaling, bonusse én salarisaanpassings.

Dat die infrastruktuur dit vir sestien jaar kon dra, is betekenisvol!  Wat die Afrikanervolk oor meer as vierhonderd jaar opgebou het, staan egter nou  in gevaar om totaal in duie te stort onder die besondere “bekwaamheid” wat nou in Suid Afrika demonstreer word.

Die meganismes wat die publiek moet beskerm teen wat vorentoe bekend sal staan as die skandaligste, mees korrupte en onbevoegde regeerstelsel in Suid Afrika se geskiedenis, lyk so:  “ ’n Hooflandros wat in sy eie hof aan diefstal skuldig bevind is, is ‘n verleentheid vir dié hof”

Nog opskrifte in verskeie koerante skets die toestand waarin Suid Afrika verval het en dan nog deur die skeppers daarvan beskou word as ‘n beter toestand as voor 1994!

“Rowers in polisie-uniforms kaap afleweringsvoertuie”

“SAPD lede steel glo skape met vangwa”

“Polisiebeampte, nog twee vas ná klerewinkelroof.”

“3 Van polisie laat glo verdagte gaan.”

“Gesloer met molestering. Polisie sê glo hul het nie tyd en gil op ma.”

”Landdroste kry wagte, hul name en aanklaers s’n verskyn op moordlys.”

“Korporaal vas wat glo deel is van sindikaat.”

Dit alles van 26 Januarie2011 tot 6 Februarie 2011, is die mense en instellings wat Suid Afrika met sy “Mees moderne grondwet in die wêreld”, moet veilig hou en beskerm teen moorde en verkragtings wat daagliks onbeheersd toeneem.

Die AVP se webblad is nou aangepas om al hierdie gebeure op rekord te plaas sodat dit vir die wêreld beskikbaar sal wees.  Dit sal ook vir die wêreld bekend wees watter moondhede by ons ellende betrokke was.   U kan daartoe ‘n bydrae maak!

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie