Die deursnee Afrikaner se standaard stelling dat Afrikaners nog nooit kon saamwerk nie, is besig om verkeerd bewys te word. Die invalspoort met veral nuwe gespreksgenote wanneer politiek ter sprake kom, is mos gewoonlik dat Afrikaners nog nooit kon saamwerk nie en dat dit die rede is waarom ons nie vordering maak met ‘n stryd om ons vryheid terug te wen nie.
Behalwe dat dit doodgewoon net nie waar is nie, hou dié stelling ook nie rekening met die magte van die duiwel wat hulle uiterste bes probeer om ons uitmekaar te hou nie. Die duiwelsmagte waarna ek verwys kan wees en is in baie gevalle in die vorm van ons eie mense wat hulleself beskikbaar gemaak het vir hierdie duiwelswerk onder allerhande voorwendsels.
In onlangse gesprekke van die AVP met verskillende leiers van regse organisasies, het dit al gou geblyk dat daar vele terreine is waar ons gemeenskaplikheid het en waar ons vrugbaar met mekaar kan saamwerk. Vordering langs dié weg is verblydend en beloof om vorentoe groter momentum te kry.
In die lig van die toenemende aanvalle op ons volksgenote wat met moord of ernstige beserings gepaard gaan, groei die besef al vinniger dat ons nie op enigiemand anders kan staatmaak vir ons veiligheid as onsself nie. Dit is asof die swartes dit besef en met groter geweld en korter frekwensie teen ons optree sonder enige vrees vir die gereg of regstelsel.
Wees dus paraat, gewapen en gereed om uself te verweer wanneer u of u mense se lewe bedreig word. As u in u gemoed aanvaar dat ons in oorlog verkeer, sal die verrassingselement waarop hulle staatmaak, grootliks geneutraliseer wees.
Rapporteer elke gebeurlikheid deur op ons webblad onder kontreinuus vir ons ‘n e-pos te stuur sodat ons ‘n databasis kan opbou. Gaan ook met u leiers in gesprek sodat ons oor ‘n breër front ge-organiseerd kan raak. Behou u geloof en bid saam met ons. Daar ís ‘n hoop wat nie beskaam nie!