1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8564161

Besoekers aanlyn

Ons het 57 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

ONTHULLING! HNP GAAN ONTBIND NA VVK SE VERKIESING!

VVK AdvertensieIn die Pos-koerant van 4 Februarie 2011 (wat versprei word in Nylstroom, Warmbad, Naboomspruit en omstreke) het die Volksraad Verkiesingskommissie (die VVK) ‘n advertensie geplaas waarin mense aangemoedig word om by die VVK - inisiatief betrokke te raak. Dit behels onder meer registrasie by die VVK waarna die sogenaamde “volks verkiesing” sal plaasvind en ‘n “volksraad” verkies sal word wat met die ANC-regime gaan onderhandel oor ‘n grondgebied vir die Afrikanervolk.

Daar is reeds deur die AVP op hierdie webwerf en op ander wyses uitgewys dat so ‘n stap ‘n streep trek deur die standpunt wat baie nasionalistiese en behoudende Afrikaners oor jare gehandhaaf het, naamlik onder meer dat:

 

-    Die 1994-oorgawe onwettig was en sonder ‘n mandaat daarvoor;

-    Hierdie land ons land is (en nie net ‘n deel daarvan nie);

-    Daar nie met die onwettige regime onderhandel mag word nie;

-    Onderhandeling met die regime legitimiteit (wettigheid) verleen aan die

      regime se aanspraak op ons land.

 

Die HNP was een van die min Bittereinder-organisasies wat bogemelde standpunt vanaf 1994 tot en met 2007 met toewyding en oorgawe en oortuiging verkondig het. Toe die HNP-leiding daarna besluit het om die VVK-inisiatief te steun, is die HNP daarop gewys dat hulle ‘n streep trek deur hulle eie standpunte en beginsels, en meer nog, dat Afrikaner-nasionalisme deur hierdie stap versaak word. Die HNP het soos die graf oor hierdie kritiek geswyg omdat hulle nie daarop kon antwoord nie en ‘n erkenning die einde van die HNP sou beteken.

 Maar in bogemelde advertensie word nou die volgende gestel:

 

“In ons vrye Republieke het geen politieke partye bestaan nie. Sedert 1902 is ons verstrengel in die Britse parlementêre stelsel van politieke partye, party-willekeur en ‘n volk wat in ewigdurende vyandige kampe verdeel word deur beroeps politici. Met die VVK-inisiatief het daardie noodlottige era van party-politiek verbygegaan”.

 

Voormelde is vatbaar vir net een interpretasie, naamlik dat bestaande politieke partye wat die VVK-inisiatief steun geen bestaansreg meer sal hê na afloop van die VVK-verkiesing nie en sal ontbind omdat een “ware volksverteenwoordigende liggaam” dan tot stand gaan kom, wat die bestaansrede vir politieke partye oorbodig gaan maak.

Hierdie logiese afleiding is lankal deur die AVP beklemtoon en voorspel, maar het die HNP ook hieroor geswyg. Nou het die VVK self die aap uit die mou gelaat. Die HNP-leiding het ook nie die moed om met die AVP hieroor in debat te tree nie uit vrees dat die gewone HNP-ondersteuners oor hierdie waarhede ingelig sal word, sal besef dat hulle vir die gek gehou was en die party onmiddellik sal verlaat.

 Die waarheid is dat die HNP sedert die HNP besluit het om die VVK-inisiatief te ondersteun, geen bestaansreg meer het as politieke party nie. Hulle het die dienswillige dienaar van die VVK geword. Nou is die einde in sig (die “noodlottige era”) en sal die HNP in alle waarskynlikheid na die VVK se “verkiesing”, net vir die enkele “die-hards” van die party wat hierdie realiteit nie kan insien nie, (in naam) nog bestaan.

 Intussen raak die VVK die grootste klomp kaf kwyt, en die HNP moet dit maar gedwee gadeslaan. Om die rol van byvoorbeeld die Nasionale Party sedert sy stigting tot en met 1966, en die HNP vanaf 1969 tot en met 2007, eenvoudig te minag, soos wat die VVK doen, is ‘n gruwelike vergryp teen ons geskiedenis en ‘n negering van die rol wat “beroeps politici” soos generaal Hertzog, dr Malan, adv Strijdom, dr Verwoerd en mnr. Jaap Marais gespeel het om ons volk se selfrespek na 1902 te herstel en ons volk weer volle seggenskap in sy eie land te gee. Sou die destydse NP moes toekyk dat ander “volks gerigte” organisasies die leiding geneem het na 1902, sou daar vandag niks van die Afrikanervolk oor gewees het nie. Die VVK (en die HNP) mag dalk vir Verwoerd as ‘n beroepspolitikus (en alles wat daarmee saamgaan) sien, maar die AVP sien Verwoerd as die grootste na-oorlogse held wat ons volk ooit opgelewer het.

 Daarbenewens lieg die VVK (soos ook die Volksbond tevore gedoen het) om te stel dat daar geen politieke partye bestaan het in die Boere-republieke nie. Mnr. Jaap Marais (leier van die HNP tot en met 2000) het hierdie leuen van die Volksbond (as HNP-leier) grondig weerlê, net vir die VVK om die leuen tans weer aan mense op te dis.

 Dit is ‘n skande dat die eens onkreukbare HNP Afrikaner-nasionalisme so blatant versaak het en sy leiers boonop vir sy eie mense lieg oor dit waarin die HNP hom nou begewe het. Ja, van Bittereinder-party, tot skoothondjie van die VVK, tot die ashoop van die Afrikaner-politiek!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie