Klik op foto om te vergroot
Kyk noukeurig na die inhoud van hierdie propagandablad van die Nasionale Party, Skietgoed wat uitgegee is in Junie 1977. Dit was opgestel deur F.W. de Klerk wat toe ‘n lid van die Volksraad was (LV.) Dít was sy siening van die Progresiewe Reformiste Party se beleid en wat dit vir Suid Afrika ingehou het, sou hulle ooit aan bewind kom en daardie beleid in Suid Afrika toepas.
Was dit vrees? Was dit geld? Was dit aansien? Wat dit ookal was wat de Klerk beweeg het om dit wat hy geweet het met Suid Afrika sou gebeur indien daardie politieke beleid gevolg en toegepas sou word, het dit op niks anders as naakte verraad neergekom wat derduisende blankes se lewe op wreedaardige wyse gekos het. Dit het ook dubbel soveel swartes se lewens gekos. Tot nou toe, waarskynlik nader aan vierhonderdduisend lewens sedert 1994! Wat kan regverdiging wees vir sulke optrede? Die Nobelprys vir vrede? Die sokkertoernooi van 2010?
Die PRP wat vandag die DA is met presies dieselfde beleid as waarteen de Klerk in 1977 gewaarsku het, verklaar in Sondag 30 Januarie 2011 se Sunday Times deur Helen Zille, dat: “Only DA can keep alive Mandela vision......we will not forget your struggle” “South Africa is a much better place than what it was before 1994”
Met ander woorde ‘n voortsetting van die verval van elke regeringstruktuur, bevoordeling van die miljoene onverdienstelike swartes en benadeling van die blankes terwille van die steun van swartes in die verkiesing.
Dit is waarvoor blankes opgeroep word om te gaan stem. Stem vir hulle eie ondergang, maar ook vir ons s’n wat nie stem nie! Om swart stemme te werf sal daar hoër gebie moet word as wat die ANC daarvoor bie. En hulle bie alles wat die blankes nog besit! U glo dit nie?
Vir meer as veertig jaar waarsku Afrikaner leiers al en ons volk jaag steeds skimme na. Kyk na die bewyse en oordeel self. Ons sal op hierdie webblad die gebeure soos wat dit plaasgevind het vir u blootlê tot oortuiging van die nasionalisme wat in u sluimer en onderdruk word deur dieselfde kragte wat de Klerk tot kapitulasie gedwing het. Gelowige en ware Afrikaners het volgens Sir Arthur Connan Doyle die samestelling om dit te kan weerstaan! Dit is wat die AVP se geloof brandend hou en sal laat stry tot ons volk weer oorwin het!
Skietgoed –
Uitgegee deur die Inligtingsdiens van die Nasionale Party 1977
opgestel deur FW de Klerk
Waardelose waarborge
Wat van die beveiliging van minderhede deur die PRP se voorgestelde van menseregte, onafhanklike regbank en ingewikkelde Senaat as waghond oor die belange van groepe?
Al hierdie tierlantyntjies is waardeloos as dit nie gedra word deur die oorweldigende geloof en steun van die oorgrote meerderheid van die bevolking nie. In Nigerië het ’n mooiklinkende Handves van Menseregte nie verhoed dat ’n ganse volk, die Ibo’s feitlik totaal uitgemoor is nie.
Wanneer ’n volk glo in die demokrasie, regsoewereiniteit en beveiliging van minderhede, is daar geen behoefte aan welklinkende handveste nie. En wanneer maghebbers onbillik teenoor ‘’n minderheid wil optree, dan is daar geen handves wat hulle sal keer nie.
Ongekende Magstryd
Tot watter gevolgtrekking bring dit ons alles? DAT DIE PRP SE BELEID VAN MAGSDELING IN ’n FEDERASIE, SUID-AFRIKA SAL DOMPEL IN ’n ONGEKENDE MAGSTRYD WAT ONVERMYDELIK SAL UITLOOP OP DIE ONTWRIGTING VAN WET EN ORDE, VAN DIE EKONOMIE, VAN RASSEHARMONIE EN VAN VREDE; EN DAT DIE PRP SE BELEID ’n BLOUDRUK IS VIR DIE ONDERGANG VAN DIE WIT MAN EN DAT DIT ALLE MINDERHEIDSGROEPE SAL UITLEWER AAN DIE GENADE VAN DIE MAGSGROEP – EN DIT KAN SELFS ’n GROEP WEES WAT DIE MARXISME AANVAAR – WAT AS OORWINNAARS UIT DIE MAGSTRYD SAL TREE.
Waarna ons mik, is ’n veelrassige Regering in Suid-Afrika. Dan sal daar ’n oorgangstyd wees voordat daar meer Swart mense op die kierserslys sal wees as Blankes. Ons sien dit as die eindresultaat van ons voorstelle. Dit is heeltemal onvermydelik dat daar meer Swartes sal wees”
Mev. H. Suzman, L.V.