1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8333704

Besoekers aanlyn

Ons het 77 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

NUWE WEBBLAD

 Welkom by die nuwe webblad van die Afrikaner Volksparty

Die gebruik van die AVP se “nuwe” webblad, nadat ons reeds met die beplanning daarvan op 23 Junie 2010 begin het, is ‘n heugelike gebeurtenis wat ons graag met ons webblesers wil deel.

Die oorsaak en behoefte vir ‘n ander of nuwe webblad het sy oorsprong in die vernietiging van die struktuur van ons uiters suksesvolle eerste webblad deur ‘n kuberkraker.  Die funksionaliteit van ons webblad is na ‘n tweede aanval dermate beskadig dat ons webmeester ‘n heel ander blad moes vestig wat steeds met die oorlaai van inligting vanaf die ou blad, sekere foute saam ontvang het.

Op aanbeveling van ons diensverskaffer om ‘n totaal nuwe webblad in gebruik te neem om van die gebreke ontslae te raak, het ons van die geleentheid gebruik gemaak om leemtes aan te vul en funksionaliteit te verbeter sodat nie net die webmeester ‘n kragtige instrument in sy of haar hand kan hê nie maar ook u as webleser.

 Ons vertrou dat dit vir u ‘n plesier sal wees om die blad te besoek en te gebruik sodat ons die samehorigheid waarna ons strewe en wat daarop gerig is om ons weer by Volkseenheid uit te bring, betyds sal bereik in ons weerstand teen die uitwissing van ons volk en verkryging van ons vryheid in dié land wat van ons geroof is in ‘n “kapingspoging” met die hulp van hulle wat aangestel was om dit te bewaak!

Let veral op die simboliek in die hoofmas en kyk sommer of u name kan koppel aan die gesigte wat daarin verskyn.  Dit is almal leiers wat dieselfde beleid en beginsels gekoester het wat soos ‘n goue draad deur ons geskiedenis loop en wat die AVP met u bystand en betrokkenheid sal beskerm en instand hou binne die vermoë waarmee God ons geseën het!

Daar die inhoud van die ou blad nie oorgelaai kan word alvorens dit “gereinig” is van foute nie, vra ons u geduld terwyl ons dit terugplaas nadat dit een vir een gereinig is.

U kan steeds berigte hier op die voorblad lees, of u kan die argief besoek vir 'n volledige versameling van al ons ou berigte. U kan ook die soekfunksie gebruik indien u bepaalde sleutelwoorde wil opsoek.

 

Webmeester.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie