1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8260864

Besoekers aanlyn

Ons het 23 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

HOE LANK VOOR ALLES IN DUIE STORT? EN WAT DAN?

Vandag lees ek op ‘n webwerf dat Brits nie water het nie. Gister het ek gelees van Johannesburg se munisipale rekeninge wat in ‘n absolute gemors is. Eergister lees ek van slaggate in openbare teerpaaie waarin mense halflyf staan en ander dood verongeluk het. Ek verneem dat in sekere staatshospitale ‘n doodsreuk in die lug hang. Behandeling daar is pateties. By dit alles is daar sprake van drastiese verhogings in die pryse van brandstof en voedsel. Armoede neem toe. Werkloosheid natuurlik ook. Gerugte van Eskom kragonderbrekings in 2011 doen weer die rondte. So kan ons aangaan. Daar is geen verbetering te bespeur in die landsadministrasie nie. Inteendeel. Dit is so duidelik soos daglig dat agteruitgang die wesenskenmerk van hierdie land geword het.

Feit is dat wat die Blanke oor jare opgebou het, by gebrek aan behoorlike instandhouding (laat staan nog vervanging!), nie veel langer kan hou nie. Ons is nou in die 17e jaar na die “wonderwerk” plaasgevind het. Hoe lank kan ‘n pyp en ‘n pad nog hou? Die “wonder” wat FW en sy maters bewerk het is besig om uit te rafel. Intussen leef die vuilgoed van ‘n verraaier in weelde. Hy is goed betaal vir sy verraad. Hy en die “groot generaal”. Die generaal wat ons volk na vryheid sou lei. Hy boer nou! Hy het moeg geword vir die vryheidstryd. Daar is meer betalende dinge om te doen.…

 

Maar terug by dit wat onder ons oë besig is om te gebeur: Die induiestorting van die bestel. Die vraag is egter: Wanneer sal die Blanke besluit om in verset te kom teen hierdie toedrag van sake? Eers wanneer bloed in die strate vloei? Wanneer die swart hordes in die strate op jou afstorm omdat hulle deur Zuma en kie vertel is dit is alles die Blanke se skuld? Waarskynlik ja! Want die Blanke word elke dag gesus en gepaai. Sondae bid sekere Afrikaanse kerke vir “Madiba” se herstel. Hierdie selfde kerke sal nie ‘n vinger verroer om iets omtrent Blanke armoede te doen nie. En elke dag word nog iets aan die Blanke opgedis om sy aandag af te lei van die ware toedrag van sake. Superrugby. Wêreldbekerkrieket. Sewende Laan. Binnelanders. Idols. Besoekende popgroepe. Afrikaanse musieksterre se daaglikse kaskenades. Noem maar op. Nog ‘n bietjie slaap. Nog ‘n bietjie sluimer.

 

Maar die uurglas is besig om leeg te loop. Wanneer daar nie meer water in die krane en elektrisiteit in die huis is nie, dan is selfs ontvlugting nie meer moontlik nie. Die TV werk nie meer nie. Die internet ook nie. Kos kan nie gemaak word nie daar is nie water om te kook nie. Daar is nie geld vir kos en brandstof nie. Daar is brandstoftekorte vir hulle wat nog geld het. Dan is dit elkeen vir homself. Dan kom mense in opstand want hulle basiese behoeftes word nie meer bevredig nie. En wat ons moet besef is dat ons baie naby aan daardie dag gekom het, Hier en daar is dit reeds sigbaar. Vandag is dit dalk net Brits, Johannesburg en Beaufort-Wes. More is dit Pretoria, Pietersburg en die res.

 

Die Blanke wat nog nie die houding van die Swart barbaar ken nie, sal dit baie vinnig moet leer. Hulle gee nie ‘n flenter om wat van ons land word nie. As verval dan moet plaasvind, is dit goed en reg met hulle. Terug na Afrika. Terug na die bos. Terug na barbarisme. Om die Eerste Wêreld met die Derde Wêreld te vervang is vir die Swarte so maklik soos val uit ‘n boom. Hy kan nie bewaar nie; hy kan net verbruik. Gaan kyk maar na Afrika en wys my een land waar vooruitgang op elke vlak te bespeur is. Veral wat betref staatsbestuur en boerdery – daardie basiese sake wat enige land in stand behoort te hou. In Afrika bestaan dit nie. Waarom nie? Want hulle gee nie om nie! Daar is geen dryfkrag en wil om hulle state op te bou en vooruitstrewend te maak nie. Die kultuur en karakter ontbreek. Die intelligensie ook. Dit is feite.

 

Is ons land ‘n uitsondering op hierdie reel? Nee, duisendmaal nee! Ons land het totale verval en anargie gespaar gebly omdat die Blanke oral gekeer het. Is daar ‘n beter voorbeeld as Sannieshof? As die Blankes nie daar ingegryp het nie was dit vandag ‘n stinkende spookdorp. Maar hoe lank kan die Blanke keer as die Blanke telkens verhoed word om die saak te beredder. En hoe lank nog keer as verhoed en skadebeheer, eerder as werklike beheer, die enigste alternatief is? Die antwoord is: Nie meer lank nie!

 

Dit is ongelukkig so dat met die geldmagte se media wat die ware feite aan die Blanke verberg; die magte van geld wat hulle verlustig aan die Blankedom wat slawe word in hulle eie land onder die geklank van menseregte, vermaak en sport; die draaipunt vir die Blanke klaarblyklik net lê by die punt waar anargie uitbreek. En daardie dag is nader as wat ons dink.

 

Intussen sal ons aanhou waarsku. Aanhou praat. Aanhou werk. Aanhou vashou en werk aan die ideaal om weer beheer van sake oor te neem. Aanhou glo dat ons as Blanke volk ‘n roeping in hierdie land het. En elke dag maar doen wat roepingsbewuste mense se hande vind om te doen.

 

  

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie