Wat sê die Woord van God oor stryd terwyl daar ‘n totale aanslag op ons Afrikanervolk aangelê is?
JEREMIA 50:24
Ek het vir jou ’n strik gespan, en jy is ook gevang, o Babel, sonder dat jy dit geweet het; jy is betrap en ook gegryp, omdat jy jou teen die HERE in die stryd begeef het.
SAGARÍA 10:3
Teen die herders het my toorn ontvlam, en oor die voorbokke sal Ek besoeking bring; want die HERE van die leërskare gee ag op sy kudde, op die huis van Juda, en maak hulle tot sy pragtige perd in die stryd.
ESÉGIËL 13:5
Julle het in die bresse nie opgegaan nie en die muur nie gebou om die huis van Israel, om in die stryd pal te staan in die dag van die HERE nie.
HEBREËRS 12:4
Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie.
Jesus se voorbeeld in sware stryd!
LUKAS 22:44
En toe Hy in ’n sware stryd kom, het Hy met groter inspanning gebid, en sy sweet het geword soos bloeddruppels wat op die grond val.
I SAMUEL 17:47
Dan sal hierdie hele menigte moet erken dat die HERE nie deur swaard en deur spies verlos nie; want die stryd behoort aan die HERE, en Hy sal julle in ons hand gee
II KRONIEKE 20:15
en hy het gesê: Luister, almal wat uit Juda is en inwoners van Jerusalem en u, koning Jósafat! So sê die HERE aan julle: Wees nie bevrees of verskrik vanweë hierdie groot menigte nie, want die stryd is nie julle saak nie, maar die saak van God
II KORINTHIËRS 10:3
Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie;
II KORINTHIËRS 10:4
want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp,
TIMÓTHEÜS 1:10
hoereerders, sodomiete, mensediewe, leuenaars, meinediges en wat daar anders met die gesonde leer in stryd is,
I TIMÓTHEÜS 1:18
Hierdie boodskap vertrou ek aan jou toe, my kind Timótheüs, ooreenkomstig die profesieë wat vroeër aangaande jou uitgespreek is, sodat jy daardeur die goeie stryd kan stry
I TIMÓTHEÜS 6:12
Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is en die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het.
TIMÓTHEÜS 4:7
Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou.
Dit is ons gebed op hierdie dag, in ootmoed en afhanklikheid van U ons Abba Vader, in die verhewe Naam van ons Here Jesus Christus. Amen.
