Godsdiens

SÓ SPREEK DIE HERE!

altDEUTERONÓMIUM 27:9,10.

9     Verder het Moses en die Levitiese priesters die hele Israel toegespreek en gesê: Wees stil en luister, o Israel! Vandag het jy die volk van die HERE geword.

10   Daarom moet jy na die stem van die HERE jou God luister en sy gebooie en sy insettinge volbring wat ek jou vandag beveel.

ROMEINE 2:29

maar hy is ’n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.

DEUTERONÓMIUM 5:29 

Ag, as hulle maar so ’n hart gehad het om My te vrees en al my gebooie altyd te onderhou, dat dit met hulle en hul kinders vir ewig goed kan gaan.

DEUTERONÓMIUM 30:6

En die HERE jou God sal jou hart besny en die hart van jou nageslag, om die HERE jou God lief te hê met jou hele hart en met jou hele siel, dat jy kan lewe.

DEUTERONÓMIUM 30:10

as jy na die stem van die HERE jou God luister om sy gebooie en sy insettinge te hou wat in hierdie wetboek geskrywe is; as jy jou tot die HERE jou God bekeer met jou hele hart en met jou hele siel.

DEUTERONÓMIUM 30:14

Maar baie naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart, om dit te doen.

 

SPREUKE 4:23

Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.

Dankie O Vader dat ons daartoe in staat is deur die krag van Jesus Christus deur die geloof waartoe U ons deur Hom opgeroep het. Amen.