....en hoe lyk ons eie krag waarop ons staatmaak darenteen?
EXODUS 9:16
maar juis hierom het Ek jou nog laat bestaan, dat Ek jou my krag kan toon, en dat hulle my Naam op die hele aarde kan verkondig.
LEVÍTIKUS 26:20
En julle krag sal tevergeefs verbruik word, want julle land sal sy opbrings nie gee nie, en die bome van die land sal hulle vrugte nie gee nie.
PSALMS 88:5
Ek word gereken by die wat in die kuil neerdaal; ek het geword soos ’n man sonder krag,
PSALMS 102:24
Hy het my krag op die weg swak gemaak, my dae verkort.
PSALMS 111:6
Kaf. Hy het die krag van sy werke aan sy volk bekend gemaak, Lamed. deur hulle die erfdeel van die heidene te gee.
I SAMUEL 2:9
Die voete van sy gunsgenote bewaar Hy, maar die goddelose mense kom om in duisternis; want ’n mens oorwin nie deur krag nie.
II SAMUEL 22:40
En U het my met krag omgord vir die stryd, U het my teëstanders onder my laat buk.
I KRONIEKE 29:12
En die rykdom en die eer kom van U, en U heers oor alles; en in u hand is krag en mag, en in u hand is dit om alles groot en sterk te maak.
II KRONIEKE 20:6
en hy sê: HERE, God van ons vaders, is Ú nie God in die hemel nie, en is Ú nie Heerser oor al die koninkryke van die nasies nie? Ja, in u hand is krag en sterkte, sodat niemand teen U kan standhou nie.
II KRONIEKE 20:12
Onse God, sal U nie teen hulle strafgerig oefen nie? Want in ons is geen krag teenoor hierdie groot menigte wat teen ons gekom het nie; en ons weet nie wat ons moet doen nie, maar ons oë is op U.
ESRA 8:22
Want ek was skaam om van die koning ’n leër en perderuiters te vra om ons te help teen vyande op die pad, omdat ons met die koning gespreek en gesê het: Die hand van onse God is ten goede oor almal wat Hom soek, maar sy krag en sy toorn oor almal wat Hom verlaat.
Onse God, sal U nie teen hulle strafgerig oefen nie? Want in ons is geen krag teenoor hierdie groot menigte wat teen ons gekom het nie; en ons weet nie wat ons moet doen nie, maar ons oë is op U. Met danksegging, Amen.
